Eenstop-dienspunt by ekspo
Eenstop-dienspunt by ekspo

Eenstop-dienspunt by ekspo

Tanja Bause
Die Namibië Toerisme Ekspo se besoekers kan by 'n eenstop-dienspunt op die skougronde toegang kry tot die ministerie van binnelandse sake en immigrasie se dienste, sowel as dié van die ministerie van finansies, die Paaieowerheid (RA), Windhoek se munisipaliteit en die stadspolisie.

Paspoorte kan hier hernu word indien aansoekers hul geboorte­sertifikate saambring. ­

Die ministerie van finansies sal gereed staan om belastingstatusse na te gaan, belastingvorms te aanvaar, besonderhede op datum te bring en ook om antwoorde oor die huidige amnestie vir belastingbetalers te verskaf.

Die RA sal hand bysit met die uitreik van permitte, terwyl Windhoek se munisipaliteit die dienspunt sal gebruik om hul dienste na besoekers te bring. Die stadspolisie sal 'n diensstalletjie hê waar besoekers inligting kan kry oor lasbriewe vir inhegtenisneming en onbetaalde verkeersboetes. Daar sal ook 'n verkeersboetebetaalpunt wees en 'n asemklikker waar besoekers hulself kan toets voordat hulle terugry huis toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!