Eenvoudig: Dis die perde óf die hiënas
JAN VAN BLERK SKRYF:
Beweringe in die berig (“Gevlekte hiëna glo lankal by Garub”, Dinsdag 12 Februarie 2019) is volgens my misleidend asook van onwaarhede deurtrek.
Die gevlekte hiënas met halsbande het gewys waar hul loop en dit strek van Aus na Garub, Kanaan en Koiimasis en die bewyse is daar. Dus, hetsy deel van die Garub-groep of nie, baie het die gebied binnegekom.
Die enigste hiënas wat van halsbande voorsien is in die omgewing was twee gedoen deur die Wild Horse Foundation en die Bruin Hiëna-navorsingsprojek (BHRP). Vra maar die boere tussen Aus en Betta ensovoorts hoeveel gevlekte hiënas met halsbande beweeg daar rond en is geskiet.
Daar was baie meer hiënas met halsbande as net die twee van Garub wat altwee “weg” is. Waar kom al die ander gevlekte hiënas met halsbande dan vandaan, selfs agter Namibrand in die duine?
Een of ander instansie moet die diere van halsbande voorsien en hervestig, want vanself kan dit nie gebeur nie.
Die wilde perde was 286 in 2012. Die perde is nou ongeveer 74.
Die perde het nie gevrek as gevolg van droogte nie – word wakker asseblief. Hulle het gras gekry deur al die jare.
Die gevlekte hiënas het meer as 95% van 2012 se verlore 212 perde gevang plus al die vullens vanaf 2012 tot nou – sowat 50 tot 100 per jaar, dit wil sê 350 tot 700.
In Garub is dus tans een volwasse hiëna, twee kleineres en een van buite wat kom en gaan. Die gevlekte hiënas het dan selfs die bruin hiënas wat altyd by Garub was ook verjaag.
Die wilde roofdiere is te veel in die suidweste as gevolg van hervestiging. Dit is waar die hele probleem vandaan kom.
Die feit dat daar dalk sporadies gevlekte hiënas was op Aus en in die diamantgebied – verskaf asseblief die bewyse, want mense op Aus wat al oor die 90 is en daar bly al die jare weet dan van niks nie.
Die keuse is duidelik: of die wilde perde of die gevlekte hiënas (wat vervuil is oor Namibië). Die keuse berus hierby en by niks anders nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie