Eer Elifas se erfenis
Voortgesette tweespalt in die Ondonga-stam weerspreek die nalatenskap van een van Namibië se bekendste tradisionele leiers.
Nadat wyle koning Immanuel Kauluma Elifas (86) die naweek op Olukonda ter ruste gelê is, is twee troonopvolgers in sy plek aangewys.
Teenoor mekaar staan mnre. Fillemon Nangolo, die koning se aangewese opvolger, en Eino Kalenga, voorgestel deur die koninklike familie op grond van tradisionele voorskrifte.
Elifas se heerskappy van 44 jaar word besing as ‘n lewe van omgee – vir sy eie mense en andere. Hy word gereken as ‘n aartsvoorstander van eenheid en versoening, asook as ‘n wyse strateeg wat altyd na ander geluister het.
Interne struweling was reeds voor die koning se afsterwe ‘n gegewe. Pres. Hage Geingob het probeer ingryp en aangeraai tradisie moet die weg vorentoe bepaal en nie die siviele howe nie.
So laat as Vrydag is ‘n dringende aansoek teen die voorgenome inswering van Nangolo van die hoërhof in Windhoek se rol geskrap.
Nog ‘n tradisionele owerheid is nou gevoeg by die lang lys waarin leierskapgeskille woed.
Die indruk is dat Namibiërs toenemende op talle gebiede groeiende onenigheid ervaar. Verskille kan goed wees as dit tot almal se voordeel deurtrap word. Daarna is eendrag egter nodig.
Oudpresident Sam Nujoma het by die begrafnis opnuut teen die gevare van konflik gewaarsku.
Navorsing kan lig help werp op hoe die verpolitisering van tradisionele owerhede (voor en na 1990) saam met staatsvoordele, veranderinge in kultuur en ander faktore hierdie gesagte tot die werklikhede van vandag omvorm het.
So sê ander
15 April 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die staatsgreep in Soedan is ’n tipiese voorbeeld van die dilemmas waarvoor Afrika se gebrek aan demokrasie die wêreld plaas.
Pres. Omar al-Basjir was ’n buitengewoon wrede diktator.
Dis om dié redes dat die Internasionale Strafhof (IS) in Maart 2009 ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het. Die volkeregtelike verpligting op elke staat was daarna om hom aan te keer en uit te lewer.
Maar die ANC-regering het in 2015 sy volslae minagting vir die volkereg gewys deur Basjir te beskerm toe hy ’n spitsberaad van die Afrika-Unie in Suid-Afrika bygewoon het. In 2016 het die regering boonop aangekondig hy wil aan die IS onttrek.
Ná 16 weke van feller wordende betogings waarin minstens 38 mense dood is, het die Soedanse weermag besluit genoeg is genoeg en Basjir in hegtenis geneem. Die internasionale reaksie was veelseggend mild – oorwegende dat nóg die staatsgreep nóg ’n militêre regime goedgekeur kan word, maar dit was meestal versigtig bewoord, sonder duidelike stappe soos sanksies.
’n Mens wil byna sê enigiets is beter as die Basjir-bewind, maar ’n militêre diktatuur kan slegs as oorgangsmaatreël geduld word.
Die ANC-regering se beskerming van Basjir het baie bygedra tot die wegkalwing van Suid-Afrika se morele gesagsposisie rakende internasionale menseregte. Die hoop is dat die regering nou die les geleer het dat jy aan jou vriende geken word.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie