Eer hul nagedagtenis
Twee groot bome het verlede week in die Namibiese bos geval: tannie Stienie Mudge en afgetrede regter Nic Hannah.
Waarom in 'n hoofartikel oor hulle skryf?
Omdat Namibiërs uit hulle voorbeeld en nalatenskap inspirasie en hoop kan put.
Ons behoort almal daarna te streef om só te leef dat ons dieselfde verrykende en verruimende impak op ons invloedsfere uitoefen.
Stienie Mudge was die toonbeeld van waardigheid, krag en positiewe energie.
Sy was nie net die hartklop en spil van haar groot gesin nie, maar die stil krag agter 'n man wat rigtingveranderende besluite oor die toekoms van ons land moes neem.
Regter Hannah het tydens sy loopbaan op die regbank 'n juristiese grondslag gelê waarop diegene ná hom kon voortbou.
Hy is die naweek deur adv. Andrew Corbett namens die Namibiese balie as 'n vreeslose, onpartydige en onafhanklike denker beskryf.
Die eienskappe wat hulle geliefd gemaak en respek afgedwing het, is eienskappe wat in hedendaagse tye al skaarser word.
Ons lewe word deur die verswelgende verbruikerskultuur vervlak. Mense word, net soos verbruiksgoedere, dikwels net geag en waardeer solank as wat hulle teenprestasie in klinkende munt gemeet kan word.
Leef mense nog met die groter, morele doel voor oë?
Weet ons werklik nog wat dit beteken om iemand van integriteit en imbors te wees?
Namibië het in wêreldterme die inwonertal van 'n nedersetting.
Elkeen van ons kán, soos hulle, 'n verskil maak.
Kom ons leef hulle voorbeeld.
Netwerk24, 18 Desember 2017
Zuma se geslepe troefkaart
Pres. Jacob Zuma se finale troefkaart wat hy as uittredende partyleier van die ANC gespeel het, spreek van die eiewaan en minagting vir die belange van Suid-Afrika wat sy presidentstermyn gekenmerk het.
Vir Zuma traak dit nie 'n snars dat Suid-Afrika nie gratis hoër onderrig kan bekostig nie en dat dit straks die strooi kan wees wat die rug van die land se ekonomie knak en in dieper rommelstatus dompel, soos ekonome waarsku.
Die geslepe tydsberekening waarmee Zuma die aankondiging op die eerste dag van die 54ste nasionale ANC-kieskonferensie gedoen het, is fyn deur dié aartspopulis bewimpel. Dit is nadat hy maande lank die Heher-verslag gekluister gehou en nie die vorige minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, daaroor te woord wou staan nie.
Waar die tesourie die R40 miljard tot R50 miljard vir Zuma se lugkasteel gaan vind, weet nugter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie