Eerste aksie by Omeya-baan
Eerste aksie by Omeya-baan

Eerste aksie by Omeya-baan

Gholf
Die Omeya-gholfklub se eerste Saterdag-kompetisie vir 2022 is geborg deur The Golf Playing Society – ’n dinamiese span gholfspelers wat volgens waarnemers nog baie vir die spel in Namibië gaan beteken.

The Golf Playing Society word beskryf as ’n spontane groep spelers wat daarop ingestel is om relatiewe nuwelinge in die sport tuis te laat voel en te verseker dat speelmaats altyd beskikbaar is.

Met ’n vol veld was die kompetisie redelik straf. Die geleentheid was goed beplan en al die spelers het dit baie geniet. Die veld was volgens hul voorgee in drie afdelings verdeel en die wenners was soos volg:

A-afdeling wenner: Abrie van Wyk, 40 punte.

B-afdeling wenner: Bertus Damon, 40 punte.

C-afdeling wenner: Lydia Lumley, 39 punte.

Die pryse vir houe naaste aan die pen is ingepalm deur Johan Pieterse (putjie 4), Anton Kuhn (putjie 7), Willie van Zyl (putjie 14) en Lydia Lumley (putjie 17). Daar was ook pryse vir die mees akkurate dryfhou (Garth Petersen) en langste dryfhou (Lukas Dreyer).

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!