Eerste baristakompetisie in hoofstad
Eerste baristakompetisie in hoofstad

Eerste baristakompetisie in hoofstad

Die eerste baristakompetisie in Windhoek is onlangs by die Maerua-winkelsentrum gehou.

Tien topkoffiemakers het aan die Coffee and Chocolate Meltdown by dié sentrum deelgeneem.

Mnr. Uys Mushalwa van die Fika Coffee Bar het met die louere weggestap, en mnr. Ryno Engelbrecht van Rhino Roasters Swakopmund was in die tweede plek.

Mnr. Willem Veiko van Box Cafe het derde gekom.

“Ons wou vir onafhanklike baristas, koffiekroegeienaars, koffie- en sjokoladeverkopers en -entoesiaste ’n platform skep waar hulle hul produkte kon uitstal en hul koffiemaaktalent ten toon stel,” het me. Katrin van Zyl, bemarkings- en besigheidsontwikkelingskoördineerder van Oryx Properties Limited, gesê.

Die geleentheid is ook gebruik om blootstelling aan dié snelgroeiende nismark te gee en die verbruiker se ervaring op wêreldstandaard te kry.

Die beoordelaars was mee. Armie Vannucci, Sanet Brundyn en mnr. Deon Vermeulen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!