Eerste beduidende reën vir 2022 val
Oorstromings is in Katima Mulilo en dele van die Zambezistreek aangemeld.
Tanja Bause
Windhoek het Saterdag sy eerste reënbui vir 2022 ontvang, terwyl Katima Mulilo en dele van die Zambezistreek oorstromings ná twee dae se swaar reënbuie aangemeld het.
Die Namibiese weerkantoor het op sy webblad mense gevra om die nodige voorsorgmaatreëls te tref omdat die moontlikheid vir sterk reënbuie in die verre noordoostelike dele van die land nog die hele komende week kan voortduur.
Stefan Naudé het op die Facebook-blad “Reën in Namibia” die volgende reënsyfers vir Katima Mulilo aangemeld: Donderdag 89 mm, Vrydag 31 mm en Saterdag 52 mm. Dit volg nadat die ope mark op Katima Mulilo reeds op 31 Desember oorstroom is ná 'n hewige reënbui van drie tot vier ure.
Saterdag het die eerste reën van die jaar ook in Oniipa naby Ondangwa geval.
“Dis goeie nuus vir ons mahangu-gewasse,” was Sakaria Kandenge se reaksie.
Op Rundu is Vrydag 4 mm gemeet. Op Tsumeb is 24 mm aangemeld en by die Tsumeb-lughawe 8,5 mm, terwyl Grootfontein Saterdagnag 20 mm en Kombat 17 mm ontvang het.
Dele van Windhoek het Saterdag die eerste reën vir die nuwe jaar ontvang, met sover bekend die hoogste neerslag die 8 mm wat in die woonbuurt Eros gemeet is. Academia het 6 mm, Avis en Klein Windhoek het 5 mm, Pionierspark, Doradopark en Suiderhof het elk 4 mm en die Nubuamis Hills plotte het 1 mm gekry. Cimbebasia en Hochlandpark het 4,5 mm ontvang, terwyl dit later die aand liggies op Elisenheim begin reën het.
“Ek het kaalvoet in die reën gedans en dit was te lekker,” het Rina Bronkhorst-Mans gesê.
In die Suide is die naweek 3 mm op Keetmanshoop en 10 mm in die Westdene-woonbuurt op Keetmanshoop gemeet.
Charlton Hill het Vrydag op Reën in Namibië 'n video van die Oranjerivier sowat 26 kilometer buite Rosh Pinah geplaas. “Die Oranjerivier styg nog steeds,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie