Eerste besending Sputnik in Namibië
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se sentrale mediese store het bevestig die entstowwe is deurentyd in die vereiste -18 grade Celsius vervoer.
Henriette Lamprecht – Die eerste helfte van ’n besending van 30 000 dosisse van die Sputnik-entstof is in Namibië. Die eerste besending van 15 000 dosisse Sputnik wat deur Serwië geskenk is, het met ’n verkoelde lorrie in die land aangekom.
Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog teen Covid 19, me. Petronella Masabane, word die entstowwe met data-opnemers in die trok vervoer wat aandui of dit aan die vereistes vir die koueketting voldoen.
“Voordat ons dit in ontvangs neem, kyk ons eers na die temperature en teken dit en enige afwykings daarvan aan.”
Volgens Masabane het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se sentrale mediese store bevestig die entstowwe is deurentyd in die vereiste -18°C vervoer.
Volgens haar gaan die eerste 15 000 dosisse gebruik word as eerste dosis. Die tweede besending van 15 000 word in die land verwag voordat die tweede dosis in 20 dae toegedien moet word.
“Die flessies waarin dit is, is ook volgens kleur gekodeer om die onderskeiding tussen die eerste en tweede dosisse te vergemaklik.”
Intussen het dr. Steven Hong, kliniese takhoof van die sentrum vir siektebeheer (CDC) in Namibië , beklemtoon entstowwe teen Covid-19 is veilig en doeltreffend en help om die risiko vir ernstige siekte, hospitalisasie en sterfte te verminder.
“Die voordeel om ingeënt te word, is geweldig. Die entstowwe is ook gratis wat dit vir elke geskikte persoon in die land moontlik maak om toegang tot dié diens te hê,” het Hong gesê.
Met verwysing na sommige Namibiërs se huiwering om ingeënt te word, het hy gesê meer en meer mense besef mettertyd die waarde van immunisering teen Covid.
“Mense sien dit is veilig en doeltreffend en erken die redes teen dit maak nie sin nie.”
Hong sê dit is egter belangrik om te luister na die redes waarom mense huiwerig voel en om dit die hoof te bied.
“Ons kan leer van ander lande en ons kan Namibië se sterkpunte soos sterk gemeenskapsbande en wydverspreide kommunikasiemetodes soos radio- en selfoonnetwerke gebruik om te verseker mense ontvang inligting van bronne wat hulle kan vertrou. Dit sluit die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), CDC asook die ministerie van gesondheid in.”
Volgens hom is die beste manier om immuniseringskoerse op te stoot onder meer inligtingsessies by werksplekke, om iemand na ’n immuniseringspunt te vervoer en om familie en vriende aan te moedig om ook ingeënt te word.
“Werkgewers kan ook oorweging skenk daaraan om personeel tyd af te gee om ingeënt te word, terwyl gemeenskapsleiers hul platforms kan gebruik om te verseker hul gemeenskappe ontvang inligting wat hulle kan vertrou.
“Deur elkeen ons deel te doen, kan ons vinnig die immuniseringskoers verhoog en die verwoestende impak van Covid-19 beëindig,” het Hong gesê.
Die WHO het intussen gesê byna 80% van Afrikalande gaan die globale Covid-19-inentingsdoelwit misloop. Volgens die organisasie gaan 42 van Afrika se 54 lande moontlik nie die doelwit haal om 10% van hul bevolking teen die huidige pas van aflewerings van dosisse teen September in te ent nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie