Eerste Cycle Classic-sege vir Lotto Petrus

Padfietsry
Andrew Poolman
Breukdele van een sekonde het die groep van 43 ryers onderskei wat Sondag in een groot bondel oor die eindstreep gejaag het in die Namibian Pick n Pay resies oor 100 kilometer in en om Windhoek.

Lotto Petrus van die NCCS-span het met 'n voorsprong van sewe sekondes gewen, terwyl Gerhard Mans Junior (Team Hollard) en Jacques Celliers (Team Cathy) vooraan die bondel die ander twee podiumplekke opgeraap het.

Om egter die toptien te onderskei, het die amptelike tydhouer Johan Pretorius omtrent 20 minute nodig gehad om sy videomateriaal deur te gaan van die enkele sekonde waarin omtrent 43 ryers klaargemaak het.

Vir Petrus, ook 'n gesoute ryer en gewese nasionale kampioen, was dit sy eerste oorwinning in die Cycle Classic. Hy het die tydsberekening van sy wegbreek, met tien kilometer oor, uitstekend beoordeel om die aanslag van die sterker naelryers af te weer.

Hy was agterna vol lof vir sy afrigters en borge wat gehelp het om sy voorbereiding glad te laat verloop.

Die 40-jarige Celliers het agterna erken hy het homself verbaas met sy algehele derde posisie.

In sy jonger dae was hy een van Namibië se toonaangewende ryers op internasionale vlak en hoewel hy nog altyd 'n sterk faktor in die subveteraankategorie was, het hy klaarblyklik nuwe entoesiasme gevind vandat hy genader is om by Team Cathy aan te sluit.

In die vroueresies het Michelle Vorster die titel vir die vierde opeenvolgende jaar gewen.

Haar voorste uitdager Michelle Döman het tot omtrent die laaste agt kilometer bygebly, voordat Vorster alleen die voortou geneem het.

In die derde plek was Genevieve Weber.

Prysgeld van meer as N$63 000 is aan die voorste ryers in die 100 km, 65 km, 30 km en 20 km kategorieë uitbetaal. Die 100 km-wedrenne (mans en vroue kry ewe veel) se eerste drie het onderskeidelik N$3 000, N$2 000 en N$1 000 ontvang.

Die uitslae van Sondag se ­padresies oor vier afstande was:



MANS 100 km

1 Lotto Petrus (Team NCCS) 2:32:50.16

2 Gerhard Mans Jr. (Team Hollard) 2:32:57.96

3 Jacques Celliers (Team Cathy) 2:32:58.25

4 Jo-Joe Hamunyela (Team Kia) 2:32:58.42

5 Danzel de Koe (Mannie's Bike Mecca) 2:32:58.42

6 Ingram Cuff (Team Get Graphics) 2:32:58.90

7 Ananias Ananias (Team NCCS) 2:32:59.16

8 Jacques van Zyl (Team Cathy) 2:32:59.10

9 Danny Villinger (Team Cathy) 2:32:59.00

10 Chiponeni Kashululu (Team NCCS) 2:32:59.46

11 Horst Neumann 2:32:59.80

12 Jaco Hanekom 2:32:59.80

13 Roual Spangenberg 2:32:59.84

14 Willie Mac van Zyl 2:32:59.91

15 Braam Vermeulen 2:32:59.93

16 Titus Koen 2:33:00.01

17 Alex Miller 2:33:00.13

18 André de Klerk 2:33:00.28

19 Etienne Döman 2:33:00.56

20 André Vermeulen 2:33:00.70

VROUE 100 km

1 Michelle Vorster (Davin Sporttrust) 2:42:51.87

2 Michelle Döman (Food Lovers Market) 2:43:36.51

3 Genevieve Weber (Cycletec) 2:57:59.90

4 Anneke Steenkamp (R&R Importers) 2:58:01.51

5 Serenzia van der Merwe 2:59:08.03

6 Karen Munting (OTB Sport) 2:59:08.49

7 Michaela Ham (VW Zimmermann) 2:59:09.43

8 Maike Bochert (R&R Importers) 2:59:10.19

9 Vicki Vosloo (VW Zimmermann) 3:01:55.92

10 Bertha Theron 3:02:16.07

11 Adele Conradie 3:08:17.39

12 Risa Dreyer 3:15:24.70

13 Marion Schonecke 3:22:25.00

14 Taryn Zehrt 3:22:33.73

15 Rosi Hennes 3:24:27.13

16 Nelia Landsberg 3:26:59.97

17 Tertia Brisley 3:32:40.85

18 Rina Lambert 3:44:22.23

19 Jana von Backstrom 3:46:01.50

20 Ingrid Scholtz 3:54:38.93



VROUE 65 km

1 Hester Prins 1:37:25.45

2 Tanya Mackensen 1:37:25.59

3 Antje Tietz 1:37:32.85

4 Adelé de la Rey 1:43:06.40

5 Patricia Hoeksema 1:43:06.73

6 Ulande Viljoen 1:43:09.20

7 Heidi Burmeister-Nel 1:43:10.28

8 Silke Bean 1:44:06.21

9 Janine de Klerk 1:48:29.05

10 Dawn Adams Redelinghuys 1:48:29.58



MANS 65 km

1 Diego Izaaks 1:34:58.48

2 Justin Vosloo 1:34:59.82

3 Johan Vorster 1:35:00.08

4 Melkesedek Hamukoto 1:35:03.04

5 Divan du Plooy 1:35:46.62

6 Tiekie du Plooy 1:36:06.43

7 Sakkie Schreuder 1:36:07.73

8 Michael Lowe 1:37:23.65

9 Anthony Abrahams 1:37:25.22

10 Jacques Cloete 1:37:29.62



VROUE 30 km

1 Monique du Plessis 0:55:03.44

2 Suleika Heigan 1:00:41.23

3 Cindy Rowland 1:04:11.67

4 Hildie du Toit 1:05:13.04

5 Susan Pieterse 1:05:31.63



MANS 30 km

1 Freddie Hanekom 0:55:00.40

2 Kevin Lowe 0:55:00.65

3 Ewald Bisschoff 0:55:01.79

4 Francois Prinsloo 0:55:02.70

5 Kandame Shingamba 0:55:04.31



VROUE 20 km

1 Paige Schmidt 0:43:28.04

2 Beata Uugwanga 0:44:39.77

3 Ada Kahl 0:44:40.16

4 Carmen Milho 0:46:21.48

5 Simone Theron 0:47:56.90

• Met die gebruiklike bergfietsbyeenkoms en Kiddies Classic van die vorige dag, asook die byvoeging van padwedlope vir drawwers en stappers, het vanjaar se Cycle Classic die grootste getal deelnemers in die geskiedenis gehad.

In die bergfietsresies het die jong Alex Miller uitgeblink om die 50 km afstand in een uur 55 minute 51 sekondes te wen. Dit was 'n volle tien minute vinniger as die tweede geplaaste Xavier Papo (2:06:15).

Die vrouewenner Michelle Vorster het saam-saam in dieselfde tyd (2:06:33) as die derde mansryer Danzel de Koe klaargemaak. Irene Steyn was tweede van die vroue en Elanor Grassow was derde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!