Eerste deurry-inentingspunt in Windhoek
Eerste deurry-inentingspunt in Windhoek

Eerste deurry-inentingspunt in Windhoek

Die eerste deurry-immuniseringspunt in Windhoek het verlede Dinsdag by die skougronde in die hoofstad geopen. Inwoners het nou die geleentheid om in die veiligheid van hul motors hul inentings teen Covid-19 te kry. Toegang na die skougronde is slegs vanaf Bellstraat.

Die inentings skop af met Sinopharm, terwyl AstraZeneca bygevoeg sal word sodra dit vanaf die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ontvang word. Die immuniserings vind Dinsdae tot Sondae vanaf 10:00 tot 18:00 plaas. Instap-kliënte is ook welkom en sal in ’n aparte ry van die deurry-kliënte hanteer word.

Dié eerste vir Namibië word gedryf deur die Gondwana Collection Namibia, die Gondwana Care Trust, FNB

Namibia, Vaccines for Hope en word deur verskeie private maatskappye ondersteun en is onder die vaandel van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.

Alle gesondheids- en Covid-19-protokol is geïmplementeer en word deur OSH-Med Internationaal en E.M.A. Rescue Service bestuur. WestCare Medical Centre het geregistreerde verpleegsters beskikbaar gestel. Namibia Health Risk Solutions (NHRS) en die mediese fonds Namibia Health Plan (NHP) is ook aan boord en help met logistiek vir die instap-inentings en dra ook by tot die verpleegdienste.

Die doel van die deurry-inentingspunt is nie om standaardpunte te vervang nie, maar eerder om die druk op bestaande punte te verlig en ook ’n perseel te hê wat oor naweke oop is.

“In hierdie donkerste van ure het ons mekaar nodig. Dit is in dié moeilike tye wat ons nasie se ware karakter getoets sal word, die werklike kern van ons gemeenskap,” sê Gondwana se besturende direkteur, mnr. Gys Joubert.

“Ons moet uitreik. Bring daarom jou ouma en oupa, jou weerbare buurman of miskien jou huishulp se ouma en oupa. Ons probeer ’n klein bydrae lewer tot die samelewing se helde soos alle frontliniewerkers en noodpersoneel wat moontlik net naweke het om ingeënt te kan word,” het hy gesê.

Dié betrokke immuniseringspunt sal aan frontliniewerkers voorkeur gee as hulle in hul uniform of in ’n amptelike voertuig (polisie, paramedici, brandweerpersoneel ens.) opdaag. Inentingsvorms is vooraf op die www.gondwanacollection.com beskikbaar. Alternatiewelik is die vorms teen N$5 per vorm by die ingang beskikbaar.

“Dit is nou wat ons nodig het om positief te wees, waar ons fisieke en geestesgesondheid in oorweging geneem en versorg moet word,” het Joubert gesê.

Volgens hom was alle vennote en rolspelers in die deurry-inisiatief “meer as bereid” om ’n betekenisvolle bydrae tot die welstand van die Namibiese gemeenskap en die herstel van die verswakte Namibiese ekonomie te maak.

“Al die maatskappye was meer as bereidwillig om by te dra, hetsy deur die vrywillige werk van hul werknemers, professionele dienste, skenkings of finansiële hulpbronne.

As jy ons oorwerkte fronliniewerkers wil help, laat jouself inent. As jy ons oorvol hospitale wil help, laat jouself inent. As jy lewens en mense se lewensbestaan wil red, laat jouself inent. As jy wil hê jou kinders moet ’n beter toekoms as hul huidige werklikheid hê, laat jouself inent.”

Individue en maatskappye wat graag die inisiatief finansieel of met welke hulp ook al wil ondersteun, kan Silke Ahrens by [email protected] kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!