Eerste gala vir 2022
Eerste gala vir 2022

Eerste gala vir 2022

Swem
Tielman van Lill
By die Olympia-swembad in Windhoek word die vierde Bank Windhoek-langbadgala vandag en môre aangebied.

’n Totaal van 137 swemmers en 68 aflosspanne tussen die ouderdomme van sewe en 65 jaar sal aan die eerste kompetisie vir 2022 deelneem.

Vyf klubs word verteenwoordig, naamlik Aqua Swimming and Fitness, Dolphins-swemklub, Marlins Aquatic-klub, Phoenix-swemakademie en Swakopmund-swemklub.

Nicky McNamara, uitvoerende lid van die Namibiese Swemfederasie (NasFed), sê: “Dit gaan ’n interessante byeenkoms wees, omrede die meeste swemmers hul oefenprogram gedurende die vakansie onderbreek het.”

Die Bank Windhoek-langbadkompetisie oor 50 meter, waarin uithouvermoë ’n belangrike rol speel, vereis dat swemmers deurgaans hul tegniek behou en stadig maar seker versnel.

“Die byeenkoms is die laaste kans vir swemmers om vir die Bank Windhoek nasionale kampioenskap te kwalifiseer wat aanstaande maand plaasvind,” het McNamara gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!