Eerste groep dansers staan op toer
Eerste groep dansers staan op toer

Eerste groep dansers staan op toer

Danssport
’n Namibiese span vertrek vandeesweek na Sun City in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie om aan ’n groot internasionale byeenkoms te gaan meeding.

Die Rumba in the Jungle word vanaf komende Vrydag tot Sondag beslis en Namibië is een van 21 lande wie se spanne by Sun City verwag word.

Dit is die eerste keer dat Danssport Namibië ’n span vir internasionale deelname uit die land stuur, nadat die beheerliggaam verlede jaar by die Namibiese Sportkommissie geaffilieer is.

Die Rumba in the Jungle word as een van die grootste byeenkomste in danssport erken en sluit ’n lang lys genres in. Van die Namibiërs ding onder meer in Latynse danse en baldanse mee.

Die Namibiese span bestaan uit Christoffer Mostert, Bertie van der Merwe, Janu-Mari Coetzee, Silamont Gershwin Hamunyela, Juanita Visser, Nadine Birch, Christelle Mostert, Amanda Hugo, Kari Rabie, Gilbert Schiebler, Frienda Haufiku, Janine Esterhuizen en Vernon Sawyers.

Die groep word vergesel deur Juanita Birch as afrigter en Venancius Rukero as spanbestuurder.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!