Eerste halfmiljoen vir voedselsekuriteit
Eerste halfmiljoen vir voedselsekuriteit

Eerste halfmiljoen vir voedselsekuriteit

Die regering sê hulp sal verleen word deur middel van kos vir huishoudings, veevoer, watertenks en veebemarking.
NAMPA
Die regering het droogtehulp-ingryping ter waarde van N$572 700 goedgekeur, wat huishoudings in al 14 streke moet help wat nie voedselsekuriteit geniet nie.

Namibië se eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Donderdag gesê die regering doen dit om seker te maak daar is geen verlies aan menselewens weens die droogte nie, en om landbouprodusente se kernkuddes te help bewaar.

Die ingryping behels dat voedselbystand verleen word aan armes en dié wat in gebiede woon wat ernstig deur die droogte geraak is.

Verder sal watertenks beskikbaar gestel word en aansporings vir veebemarking sal beskikbaar gemaak word, terwyl vervoer na en van weidingsgebiede gesubsidieer sal word.

Dit sluit die vervoer van voer na geraakte boere in, veral die in kommunale gebiede, het Kuugongelwa-Amadhila gesê.

Ander reëlings behels ondersteuning met die verhuring van weiding aan boere wat deur die droogte geraak is, subsidiering vir gewasboere, voeraanvullings vir ‘n kernkudde van 25 beeste en een bul per boer, asook voer vir sowat 139 kleinvee, plus een teelram.

Die eerste minister het gesê die droogtenoodtoestand sal onmiddellike optrede vereis.

Sy het gesê die regering sal Namibiërs steun deur ‘n 12,5 kg-sak mieliemeel, asook vier blikkies vis en een bottel kookolie per huishouding toe te staan aan huishoudings met ’n maandelikse inkomste van minder as N$ 2 600.

“Ek doen ‘n beroep op ons goewerneurs om die prosesse te lei as dit by die identifisering en registrasie van die mense kom, asook die verspreiding van voorraad,” het sy gesê en bygevoeg die noodtoestand sal vir ses maande van krag wees.

Sê het gesê hoewel Namibië ‘n baie droë land is en reënpatrone onvoorspelbaar is, het die land ‘n baie swak reënseisoen gehad, wat groot vertragings met gewasverbouing veroorsaak het.

Die eerste minister het gesê die meerderheid Namibiërs en hul vee word tans deur ‘n gebrek aan kos, water en weiding bedreig.

Sy het verder gesê alle streke waar gewasverbouing plaasvind, verwag ‘n reuse-afname in oeste in vergelyking met die vorige seisoen, met graanproduksie wat in kommunale gebiede tussen 70% en 80% laer sal wees, terwyl graanoeste na verwagting in kommersiële gebiede ook 15% kleiner sal wees. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!