Eerste kiribome in Namibië geplant
Dit is die vinnigste groeiende boom op aarde en word in 'n laboratorium in Duitsland gekweek.
Tanja Bause – Die eerste 8 000 kiribome (Paulownia) het in April in Namibië aangekom.
Kiribome is die vinnigste groeiende boomspesie ter wêreld en word in 'n laboratorium in Duitsland gekweek. Onder die regte toestande kan die boom meer as vyf meter per jaar groei. Hulle produseer ewe veel hout in volume as 'n eikeboom in 'n tiende van die tyd.
WeGrow is die plaaslike maatskappy agter die bome. Hulle het drie variante, naamlik NordMax21, Phoenix One en H2F3 ontwikkel. Die bome word volgens wetenskaplike metodes vir verskillende omstandighede in 'n laboratorium gekweek. Die boom word nou in 21 lande wêreldwyd aangeplant. In Afrika word die boom in drie lande benewens Namibië geplant.
WeGrow produseer die kiribome self in hul saailinglaboratoriums en kweekhuise.
In die eerste jaar kan die bastervariante tot ses meter hoog groei en ontwikkel binne 'n paar jaar 'n aansienlike stamdeursnee van tot 40 sentimeter.
Die boom het sy vinnige en gesonde groei te danke aan sy diep wortelstelsel, sy blare met 'n deursnee van tot 1,20 meter en sy natuurlike weerstand teen plae.
Die kiemvrye voortplantingsbakkies wat met deurlaatbare films toegemaak is, hou elk 126 plante en word vir die kweek van die bome sowel as veilige en ruimtebesparende vervoer gebruik. WeGrow kan 30 000 jong plante op 'n slag vervoer.
Andreas Bauer woon vir die afgelope ses jaar in Namibië en met sy werk Energy Solutions het hy op talle plase en lodges gewerk en besef baie boere het dieselfde probleem.
“Baie van hulle wil wegkom van die tradisionele skaap- of beesboerdery, maar wat is die alternatief? Ek het op WeGrow afgekom en kontak met hulle gemaak. Ek het hulle besoek en planne is in Februarie 2020 gemaak om die kiribome vir die eerste keer in Namibië aan te plant. Toe kom Covid-19 en alles is vertraag.
“Dit het ontsettend lank gevat voordat ek die nodige permitte kon kry, maar nou het ons hulle en die eerste bome is in die grond.”
Die bome is in die laboratorium in Duitsland verpak en gelaai en was die volgende dag in Windhoek. Hulle is na 'n plaas sowat 50 km buite Outjo vervoer en daar in 'n kweekhuis gesit.
“Ons het die bome ontvang. Wel, dit was nie bome nie, dit was twee blare en 'n stam sonder wortels. Elke plant het sy eie jiffy wat jy in water sit en dan swel dit op. Jy plaas die plant daarin en omdat dit propvol voedingstowwe en hormone is, begin die wortelstelsel ontwikkel. Vir die eerste weke sproei jy water op die blare terwyl die wortels groei,” het Ruan van Wyk gesê.
Hy en sy pa is die eienaars van die plaas waar die kiribome geplant is.
“Die bome staan dan in die kweekhuis en word uitgeplant sodra hulle sterk genoeg is.
“Ons het 8 000 bome gekry en 6 000 het oorleef. Ek noem hulle die Lazarusbome omdat ek talle kere in die kweekhuis ingestap het en almal het gelyk of hulle dood is. Ons het reeds sowat 2 000 uitgeplant en ek dink ons het die aanvanklike groeiprobleme onder die knie. Omdat dit die eerste keer is dat die bome in Namibië geplant word, is daar niemand wat ons om hulp kon vra nie. Ons moes alles self toets en uitsorteer.”
Volgens hom is die ondersteuning van Duitsland baie goed, maar daar was tog verskille wat hulle self moes oorkom. Voordat WeGrow enige boom verkoop, vereis hulle 'n grond- en watermonster. Hulle gee raad oor die tipe bemesting wat die bome benodig, hoeveel water, hoe hulle geplant moet word en wanneer om te snoei en te oes.
“Die boom groei verskriklik vinnig en in vyf jaar word hy onder afgesny. Hy sal dan weer vir vyf jaar groei en so kan hy vyf keer geoes word. WeGrow koop die hout weer en betaal in euro per kubieke meter hout. Die boer moet die hout Walvisbaai toe vat en dan betaal WeGrow verder vir die vervoer Duitsland toe. Sodra die houer met die hout daar aankom, word die geld inbetaal. Dis 'n goeie en sekere belegging,” het Bauer gesê.
Die hout word gebruik in die vervaardiging van meubels, natuurlike interne ontwerpe en volhoubare boumetodes. Kiribome kan jaarliks tot 40 ton Co2 per hektaar absorbeer. Hulle het 'n baie diep wortelstelsel en kan voedingstowwe uit die onderste grondlae trek.
In herfs wanneer die bome hul blare verloor, bereik die voedingstowwe die grondoppervlak en word vinnig humus. As gevolg van sy fisieke eienskappe en voorkoms, kan kirihout tropiese hout vervang.
Met die plantasies wat nie in woude geleë is nie, word die druk op die wêreld se bosveldhulpbronne volhoubaar verminder, en beskerm die hout veral natuurlike reënwoudgebiede teen oorbenutting, onwettige ontbossing en vernietiging. Wanneer die bome geoes word, word die blare veevoer.
Die kirihout is een van die ligste houtsoorte ter wêreld en word as die “aluminium van hout” beskryf.
Die hout het ook optimale termiese isolasie-eienskappe, dis baie weerbestand en maklik om te verwerk, dit het 'n hoë vlampunt van meer as 400 °C en 'n baie hoë dimensionele stabiliteit.
– [email protected]
FOTO’s
Andreas Bauer in die kiriboomplantasie met ’n stuk van die boom se stam ná vyf jaar. Foto Tanja Bause
Ruan van Wyk in die kweekhuis met sowat 4 000 kiribome wat nog uitgeplant moet word.
Die blare van die boom kan tot 1,20 meter in deursnee word en kan as vee kos of kompos gebruik word, sê Andreas. Foto verskaf
Kirihout is gesog in die vervaardiging van meubels en as volhoubare boumateriaal. Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie