Eerste kogleêre inplanting op eie bodem gedoen
Drie volwassenes en 'n kind het vandeesweek gebaat by 'n operasie wat hul gehoor kan herstel.
Henriette Lamprecht - 'n Nuwe program vir kogleêre inplantings in Namibië bring hoop vir inwoners met ernstige tot uitermatige gehoorverlies. Vier suksesvolle inplantings is vandeesweek as deel van die program by die Lady Pohamba Private Hospitaal (LPPH) in Windhoek uitgevoer, met drie volwassenes en 'n kind wat by dié baanbrekeroperasie gebaat het.
Volgens mnr. Charles Dippenaar, besturende direkteur van MEDEL Implant Systems SA, is die nuwe inplantingsprogram by LPPH tot voordeel van pasiënte met ernstige tot uitermatige gehoorverlies.
“In die verlede moes pasiënte vir die operasie sowel as vir verskeie oudiologie- en rehabilitasiebehandelings na Kaapstad reis wat ná die operasie benodig word,” het Dippenaar verduidelik. Dié behandelings is volgens hom baie belangrik om die volle voordeel te verseker wat die inplanting bied.
Met die nuwe program by LPPH kan alle Namibiërs met ernstige tot uitermatige gehoorverlies nou plaaslik vir 'n evaluering gaan waartydens die spesifieke kriteria bespreek word om te sien of hulle in aanmerking kan kom om 'n MEDEL-inplanting te ontvang.
'Lewensveranderend'
Volgens Dippenaar sal operasies dwarsdeur die jaar geskeduleer word en deur dr. Stephan van der Westhuizen, 'n oor-, neus-, en keelspesialis van LPPH, uitgevoer word. Van der Westhuizen word ondersteun deur dr. Louis Hofmeyr van Cape Hearing Implants in Kaapstad.
Die span vir die eerste twee operasies wat Dinsdag en Woensdag by die LPPH uitgevoer is, het buiten Van der Westhuizen en Hofmeyr ook me. Janet Brits (van Janet Brits Audiology, LPH), me. Liezel Kotze (van Cape Hearing Implants in SA), mnr. Charles Dippenaar (besturende direkteur, MEDEL Implant Systems SA) en mnr. Peter Clementi (kliniese ingenieur by MEDEL Implant Systems SA) ingesluit.
Volgens Brits is kogleêre inplantings “lewensveranderend” en is daar 'n hele paar Namibiërs wat dit reeds ontvang het. Die meeste hiervan is in Suid-Afrika gedoen.
“Indien die program hier 'n sukses is, hoef mense nie meer SA toe te reis nie. Gereelde verstelling, veral in die eerste jaar ná die inplanting van die spraakprosesseerder, en rehabilitasie vir veral kinders is van kardinale belang vir die sukses daarvan,” sê Brits.
Brits verduidelik tydens die inplanting word 'n elektrode in die binneoor (koglea) ingeplant wat die funksie van die haarselletjies oorneem en die akoestiese senuwee direk stimuleer.
“Waar 'n gehoorapparaat dikwels nie meer vir mense met ernstige tot uitermatige gehoorverlies genoeg help nie, gee die inplanting gehoor terug wat nie met 'n apparaat altyd moontlik is nie.”
Herstel ná drie weke
Die operasie duur ongeveer twee ure en na raming verbeter 90% van kinders en 80% van volwassenes se gehoor hierná.
Dit duur ongeveer drie weke vir die wond om te herstel, sê Brits, voordat die buitenste spraakprosesseerder opgesit en aangeskakel word.
“Die pasiënt kan dan begin hoor, maar veral vir kinders wat nie spraak en taal gehad het voordat hulle doof geword het nie, is die terapie ná die aanskakeling die deurslaggewende faktor.
“Die beoogde uitkoms van 'n suksesvolle operasie is om gehoor te herstel, dus om vir kinders wat doof gebore is, 'n manier te gee om te hoor en daarom spraak en taal te kan ontwikkel.”
Dit bied ook aan volwassenes 'n manier om aan te gaan met hul gewone lewe, werk en verhoudings.
“In 'n tipiese kandidaat herstel gehoor tot normaal of naby normaal. Die brein moet egter aanpas en geleer word om weer te hoor met die nuwe stimulasie.”
Duur operasie
Die inplantings is nie beperk tot 'n sekere ouderdomsgroep nie, maar volgens Brits ongelukkig baie duur.
“Vir kinders wat doof gebore is, moet dit verkieslik voor 30 maande gedoen word want dan is die plastisiteit van die brein op sy beste om te kan leer om te hoor en daarom spraak en taal redelik normaal te ontwikkel.”
Vir mense en kinders wat doof geword het nadat hulle alreeds spraak en taal ontwikkel het, is daar volgens haar nie eintlik 'n afsnypunt nie, behalwe dat alles anatomies normaal moet wees.
“Ons oudste pasiënt in Namibië by my praktyk is 83 jaar oud en het verlede jaar 'n inplanting ontvang.”
Twee van die inplantings wat vandeesweek gedoen is, is deur MEDEL SA geskenk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie