Eerste langbadgala die naweek
Die propvol program sal ’n aanpassing van deelnemers verg.
Tielman van Lill
Die Namibiese Amateur Swemunie (Nasu) bied Vrydag en Saterdag sy eerste Bank Windhoek-langbadkompetisie oor 50 meter vir die 2019-’20-seisoen by die Katutura-swembad aan.
Me. Nicky McNamara, skakelbeampte van Nasu, sê nagenoeg 120 swemmers van sewe klubs gaan hul winterprogramme van binnenshuise swembaddens vir die ware Jakob verruil om aan meer as ’n duisend items oor die naweek deel te neem.
“Gedurende die winter maak ons swemmers van warmer binnenshuise swembaddens gebruik wat normaalweg 25 m lank is. Dit sal dus vir hulle ’n groot aanpassing wees om skielik in die langer 50 m-swembaddens met kouer water te swem.
“Die onderskeie klubs se afrigters sorg dat hul swemmers so goed as moontlik vir die langbadseisoen voorberei is. Tog is daar steeds ’n mate van spanning voordat die atlete vir die eerste keer in die kouer water van die opelugswembaddens induik.
“Ons swemmers is goed op peil en het die afgelope maande tydens die kortbadseisoen uitstekende resultate behaal. Nasu verwag dat die swemmers opnuut die water en rekords in die langbadgalas gaan laat spat, want hulle is goed voorbereid.
“Die naweek se kompetisie word weereens deur Bank Windhoek, ons fantastiese hoofborg, moontlik gemaak. Bank Windhoek borg Nasu vir die volgende seisoen en ons bedank die borg vir sy bydrae en ondersteuning,” het McNamara gesê.
Sewe swemklubs en een swemmer van die Stones-waterpoloklub gaan aan die naweek se byeenkoms deelneem. Die klubs is Aqua Swimming & Fitness, Marlins, Phoenix-swemakademie, Swakopmund en die Sandhaaie van Oranjemund.
Mnr. André le Roux, bestuurder van Bank Windhoek se skakelafdeling, vertel ingenome van die borg se verbintenis met Nasu.
“Bank Windhoek is trots om met Nasu geassosieer te word, want hulle bestuur swem uitstekend en ontwikkel die sport in die land. Ons het oor die afgelope jare gesien hoe talent groei om nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal deel te neem en te presteer.
“Dit maak ons trots dat Namibiërs internasionaal kon deelneem om nasionale sowel as Afrika-rekords te laat tuimel. Dit is iets waarop elke Namibiër trots kan wees,” het Le Roux gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie