Eerste NASP-kampioenskap lewer puik kompetisie

Boogskiet
Tielman van Lill
Altesame 109 skutters van 12 skole en klubs het onlangs aan die National Archery in Schools Programme (NASP) se eerste kampioenskap by die Sport Klub Windhoek (SKW) in Olympia deelgeneem.
Op die eerste oggend is afgeskop met die seniors en juniors wat in die individuele “Bulls Eye”-kompetisie gekompeteer het en ná middagete het die pyle na die 2D- en 3D-teikens gevlieg. Vir talle onervare jong skutters was dit ’n eerste keer om na die teikens aan te lê.
Die volgende dag het die graad 8 tot 12’s (seniors) en juniors (graad 4 tot 7) in hul skoolspanne meegeding. Elke span het uit vier boogskutters bestaan wat meestal drie seuns en een meisie was.
Spanne het baie pret in die uitkloprondte gehad. Ná vele ure in die son is sommer heelwat kilometers van en na die teikens gestap. Deelnemers se punte is bymekaar getel, waarna die wenners aangekondig is. Al was die vingers seer, het die meisies en seuns met groot afwagting na dié prysuitdeling uitgesien.
Hoewel vanjaar die eerste keer was dat die NASP-kampioenskap aangebied is, het die inskrywings die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref en sal dit beslis ’n jaarlikse instelling word.
Die NASP in Namibië bedank al die deelnemers, ouers, onderwysers en instrukteurs vir ’n wonderlike naweek, asook die borge wat die byeenkoms van dié omvang moontlik gemaak het.
Die voorste uitslae:

3D-KOMPETISIE
Senior seuns: 1. Rassie van Zyl (Whk Gim), 2. Waldo van Wyk (Elnatan), 3. Marko Kersten (SKW).
Senior meisies: 1. Dominique Bekker, 2. Monique Louw (beide Walvisbaai Privaat Hoërskool), 3. Melany Erasmus (Berg-Op Akademie).
Junior meisies: 1. Mia Delport, 2. Isabel Louw (beide Gobabis Gim), 3. Sandra Saad (St. Paul).
Junior seuns: 1. Pieter Hough (Walvisbaai Privaat Hoërskool), 2. Wehan Odendaal (Gobabis Gim), 3. Sven Morgan (Brightstart Montessori Skool).

BULLS EYE-KOMPETISIE
Senior seuns: 1. Rassie van Zyl (Whk Gim), 2 Marko Kersten (SKW), 3. Waldo van Wyk (Elnatan).
Senior meisies: 1. Melany Erasmus (Berg-Op), 2. Dominique Bekker, 3. Moniques Louw (beide Walvisbaai Privaat Hoërskool).

Junior seuns: 1. Pieter Hough (Walvisbaai Privaat Hoërskool), 2. Sven Morgan (Brightstart), 3. MJ van der Westhuizen (Berg-Op).

Junior meisies: 1. Isabel Louw (Gobabis Gim), 2. Sandra Saad (St. Paul), 3. Mia Delport (Gobabis Gim).
Windhoek Gimnasium het die skolekompetisie met vyf deelnemers en 1063 punte ingepalm, terwyl Tuis­skool Carpe Diem met drie skutters en 1047 tweede geëindig het.
SKW se ontwikkelingspan met drie skutters en 1035 punte was ’n kortkop agter Carpe Diem vir die brons.

Senior spankompetisie: 1. The Green Arrows (1088), 2. Red Arrows (1067), 3. Walvisbaai Privaat Hoërskool (1034).

Junior spankompetisie: 1. The Golden Centre (1017), 2. BSM (1011), 3. St. Paul A (998).
Rassie van Zyl (1151 punte) en Dominique Bekker (1086) is as die voorste twee skutters van die kompetisie aangewys, terwyl Marco Fouche (Berg-Op) en Erica Nande (St. Paul) as die seun en meisie aangewys is wat die meeste vordering getoon het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!