Eerste noodmiljoene vloei vandag
Eerste noodmiljoene vloei vandag

Eerste noodmiljoene vloei vandag

Jo-Maré Duddy
Jo-Maré Duddy - ’n Totaal van N$262,5 miljoen se noodinkomstetoelae gaan vandag aan 350 000 kwalifiserende behoeftiges uitbetaal word, het die regering onderneem.

Elk van dié begunstigdes sal ’n eenmalige kontantbedrag van N$750 ontvang.

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het Vrydag die noodinkomstetoelaag amptelik van stapel gestuur. In totaal is N$562 miljoen vir ’n beraamde 739 000 Namibiërs van 18 tot 59 jaar in die informele sektor beskikbaar wat hul werk of hul inkomste weens die impak van Covid-19 kwyt is.

Die toelaag is deel van die eerste fase van die regering se ekonomiese stimulus- en verligtingspakket van N$8,1 miljard.

Die hoof van openbare betrekkinge by die ministerie van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, het Saterdag gesê ’n “oorweldigende aantal aansoeke” per SMS het MTC se stelsel aanvanklik oorbelaai.

Volgens Shidhudhu het MTC begin om die toepassing vir groter kapasiteit te herontwerp. Die proses sal 84 uur duur. Die stelsel sou na verwagting teen gistermiddag meer aansoeke kon hanteer.

‘BLY KALM’

Hy het ’n beroep om die publiek gedoen om kalm te bly.

“Die ministerie van finansies, in samewerking met MTC en MobiPay, werk hard om die stelsel te verbeter en na verwagting sal die meeste aansoeke (vanaf gister) sonder struikelblokke deurgaan,” het Shidhudhu gesê.

Hy het opnuut beklemtoon dat mense wat reeds ander welsynstoelaes van die regering namens familielede ontvang, soos vir weerlose kinders, nie vir die noodinkomstetoelaag kwalifiseer nie.

Shidhudhu het vir geduld gevra. Daar sal ’n geleentheid vir beswaar teen sulke gevalle by streeksrade wees, het hy gesê.

Voorts kom geen studente vir noodinkomstetoelae in aanmerking nie.

Diegene wat kwalifiseer, kan tot 11:00 op 30 April vir ’n noodinkomstetoelaag aansoek doen deur ’n SMS na 141222 te stuur.

Die verwerking van aansoeke duur 72 uur.

Geen nuwe syfers vir aansoeke was teen druktyd bekend nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!