Eerste passasierskip vir 2015 meer vas
Otis Finck op Walvisbaai - Die passasierskip, die luukseNautica,is die eerste vaartuig van dié aard wat in 2015 in die hawe van Walvisbaai vasgemeer het. Hy het Vrydag van Oos-Londen in die hawe aangekom en Saterdag na Kaapstad vertrek.
DieNautica wat net oor die 205 meter lank is, is teen ’n koste van £150 miljoen in 2004 in Frankryk gebou en in 2014 uitvoerig opgeknap. Dit is die eiendom van Oceana Cruises wat dit in 2005 by Pullmantur Cruises gekoop het. Die skip is in die hawe van Majuro in die Stille Oseaan geregistreer en vaar onder die vlag van die Marshall-eilande.
Benewens verskeie restaurante, beskik hy oor ’n Mandara-spa, ’n kuberlaboratorium en ’n besondere kunsversameling soortgelyk aan dié wat in ’n museum aangetref kan word. Van die 11 dekke is nege tot 684 passasiers se beskikking terwyl ’n bemanning van vierhonderd toesien dat alles vlot verloop.
Die Nautica is skroefaangedrewe deur vier Wartsila 12V32 dieselenjins wat gesamentlik 13 500 Kw lewer en ’n togsnelheid van 18 knope (net oor die 33 km/h) kan handhaaf.
Terwyl op sy vaart na die Golf van Aden, is die skip op 30 November 2008 deur Somaliese seerowers gekonfronteer. Hy kon egter onder sy aanvallers uitvaar sonder dat die passasiers of bemanning enige letsels opgedoen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie