Eerste plaaslike grafietaanleg
Dié aanleg het reeds sowat 2,5 ton grafiet-konsentraat vir Namibië gelewer en die doel is om uiteindelik jaarliks duisende ton te verwerk.
Ogone Tlhage - Namibië se eerste grafiet-verwerkingsaanleg is onlangs deur Next Graphite in werking gestel.
Die aanleg is tussen Desember 2017 en Maart 2018 gebou, en het vinnig topproduksievlakke bereik, met sowat 2,5 ton grafiet-konsentraat wat na Perpetuus Carbon Technologies vir die vervaardiging van grafeen verskeep is.
Grafeen word in motor- en fietsbandnywerhede gebruik.
Next Graphite se ondernemingsvennoot, Gratomic Incorporated, werk tans saam met Perpetuus om laasgenoemde se kapasiteit te verbeter.
Die strewe is om aanvanklik ongeveer 550 ton oppervlakvervaardigde grafeen per jaar te verskaf om te voldoen aan die volumes wat deur die bandvervaardigingsbedryf benodig word, het die uitvoerende hoof, mnr. Cliff Bream, gesê.
“Sodra die mark gevestig is, sal Perpetuus sy kapasiteit kan lig tot duisende ton grafiet per jaar,” het Bream gesê.
Volgens hom maak die Aukam-verwerkingsaanleg van ‘n eenvoudige breek-, maal- en flotasiestelsel gebruik en het dit tans die kapasiteit om 650 ton per jaar te produseer.
“Daar is reeds met konstruksie begin om ‘n groter meul met ‘n kapasiteit van 11 000 ton per jaar te installeer,” het Bream gesê.
“Die suksesvolle begin van die Aukam-aanleg is ‘n groot mylpaal vir ons maatskappy – wat ons JV-vennoot in staat stel om konsentraat aan Perpetuus vir die vervaardiging van grafeen te begin lewer,” het hy gesê.
Bykans al die onderdele van die aanleg kom van Suid-Afrika en Namibië af, wat die verkrygingsproses baie meer vereenvoudig as wanneer daar van ander opsies soos China en Sri Lanka gebruik gemaak moet word.
Next Graphite se grafiet geniet voorkeur by baie eindgebruikers.
Dit het unieke eienskappe wat geskik is vir waardetoevoeging tot byvoorbeeld elektriese toestelle en word ook in remblokke, elektrodes, vuurvaste materiale, smeermiddels, elektriese motors, litium-ioonbatterye en kernreaktore gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie