Eerste presidentsvrou in 91 jaar wat nie in VSA gebore is nie
Eerste presidentsvrou in 91 jaar wat nie in VSA gebore is nie

Eerste presidentsvrou in 91 jaar wat nie in VSA gebore is nie

Estelle de Bruyn
Nie net het Amerika Woensdag ’n nuwe president gekry nie, maar ook ’n nuwe presidentsvrou.

Die nuutverkose president, Donald Trump, se vrou, Melania (46) is volgens SkyNews die eerste presidensiële eggenoot in 91 jaar wat nie in Amerika gebore is nie.

Melania, ’n Sloweense voormalige model, se pa, Viktor Knavs, was ’n motor- en motorfiets-handelaar en ’n lid van die Sloweense Kommunistiese Party.

Haar ma, Amalija, was ’n patroonmaker vir kinderklere.

Op 16 het Melania modelwerk begin doen en op 18 het sy haar by ’n modelagentskap in Milaan, Italië, aangesluit.

Sy het al op verskeie tydskrifvoorblaaie, insluitende Harper’s Bazaar en Vanity Fair, verskyn en ook een keer kaal vir die Britse GQ geposeer.

Me. Trump het haar eie juweliers- en velsorgreekse en kan vyf tale praat – Sloweens, Serwies, Engels, Frans en Duits.

In 1998 het sy en Trump mekaar by die New York Modeweek ontmoet toe hy en sy tweede vrou, Marla Marples, geskei is.

In 2004 het hulle verloof geraak en in 2005 in ’n kerk in Florida getrou, waar Hillary en Bill Clinton gaste was.

Melania het in 2001 haar Amerikaanse groen kaart gekry en vyf jaar later ’n Amerikaanse burger geword.

Sy het by Trump gestaan toe videomateriaal die lig sien waar hy ander vroue onvanpas aanrand.

Sy het ook in Julie vanjaar mense aan die praat gehad toe sy daarvan beskuldig is dat sy dele van een van Michelle Obama se toesprake in 2008 net so gebruik het.

Die presidentsvrou van Amerika het nog altyd sedert die 18de eeu ’n baie prominente rol in die politieke en sosiale lewe gespeel.

Van haar word verwag om sosiale sake en veldtogte te beheer en die Withuis te bestuur. Sy moet ook die president by amptelike besoeke verteenwoordig.

Melania het voorheen gesê dat sy ’n veldtog teen kuberboeliery sal begin omdat sy voel dat die kultuur van sosiale media “te wreed en taai” geword het en oorloop van beledigings oor mense se intelligensie en hul voorkoms. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!