Eerste pyle vlieg in verre suide

Boogskiet
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Keetmanshoop Pri­vaatskool (KPS) het die eerste kompetisie van 2018 vir die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) op die suidedorp aangebied, waaraan 78 skutters van elf skole deelgeneem het.

Die geleentheid is deur KPS se Arendsnes koshuis georganiseer om 'n waterverkoeler vir die kokende somermaande in die suide te koop.

Die intense somerhitte van die //Karasstreek het soos gewoonlik sy uitdagings gebied, maar kon nie die 78 vasberade junior en senior meisies en seuns van stryk bring om 'n suksesvolle byeenkoms te verseker nie.

Die organiseerders van KPS en Arendsnes koshuis bedank elke ouer vir hul bydrae asook Keetmanshoop Spar, Lüderitz Spar, Phillip van Gondwana, OK Food Lüderitz en Your Butt Windhoek wat die dag moontlik gemaak het. Sonder die hulp van die beamptes en die Woortman-familie sou die komptisie nie moont­lik gewees het nie.

Die volgende NASP-kompetsie is op Saterdag 24 Februarie by Stamp­riet wanneer Privaat­skool Elnatan die byeenkoms aanbied.



Die voorste uitslae:

Kolskoot- en 3D-afdelings

Junior meisies: 1. Anrika van Zyl (Danie Joubert Skool) 751 punte uit 900 met 20 tiene. 2. Mari Louw (Gobabis Gimnasium) 733/900 met 18 tiene. 3. Suné Visser (Gobabis Gim) 712/900 met 17 tiene.

Junior seuns: 1. Delron Gaoseb (Community Hope Skool) 836/900 met 40 tiene. 2. Jannie Booysen (Privaatskool Elnatan) 797 /900 met 32 tiene. 3. MJ van der Westhuizen (Berg-Op Akademie) 789/900 met 22 tiene.

Senior meisies: 1. Melany Erasmus (Berg-Op) 843/900 en 52 tiene. 2. Dominique Bekker (Privaatskool Walvisbaai) 832/900 en 39 tiene. 3. Isabel Louw (Gobabis Gim) 829/900 en 37 tiene.

Senior seuns: 1. Pieter Hough (PS Walvisbaai) 856/900 en 57 tiene. 2. Lukas Els (Carpe Diem Tuisskool) 847/900 en 50 tiene. 3. FP Scholtz (Walvisbaai PHS) 847/900 en 49 tiene.

Die voorste vyf spanne

1. PS Walvisbaai (3 357 punte): Pieter Hough (856), FP Scholtz (847), Dominique Bekker (832) en Dylan Mouton (822).

2. Gobabis Gim (3 347): Diwan Engelbrecht (845), Leonise Human (829), Wian Lottering (840), Willem Lottering (833).

3. Elnatan (3 220): Hennie Nel (827), Zian Prinsloo (816), Jannie Booysen (797), Elize Haasbroek (780).

4. Berg-Op (3 206): Melany Erasmus (843), Matthew José (788), MJ van der Westhuizen (789), Driaan du Preez (786).

5. Lüderitz Boogskietklub: Joel Wood (813), Kimberly Calitz (778), Keanu Klose (782), Anel Calitz (732) met 3 105.



WÊRELDKAMPIOENSKAP OP HORISON

Die Windhoek Veldboogskietklub het laas Saterdag sy eerste kompetisie by sy skietbaan buite Windhoek aangebied waar sake in vier afdelings uitgespook is.

Heelwat van Namibië se kranige skutters kan vir nasionale kleure kwalifiseer om in Oktobermaand by die 2018 Veldboogskiet Wêreldkampioenskap in Potchefstroom te gaan skiet.

Met 'n nuwe afdeling vir Jong Volwassenes in al die style, het Namibië beslis potensiële wêreldkampioene.

Die uitslae:

Volwasse vroue (onbeperkte boogjag): Liezl Schoeman 508 punte.

Junior mans (onbeperkte vrystyl): Gideon Brink junior 512, Mathys du Preez 406.

Volwasse mans (onbeperkte vrystyl): Louan Groenewald 545, Jaco Vermaak 528, Piet Zondagh 491, Waldo van Wyk 476.

Jong volwasse mans (onbeperkte vrystyl): Jan-Hendrik van Wyk 498, AJ Groenewald 468.

Die volgende veldboogskietbyeenkoms sal vandeesmaand buite die hoofstad plaasvind, terwyl Lüderitz en Omaruru later vanjaar aan die beurt kom.

Persone wat belangstel om die boog op te neem, kan die volgende klubs kontak: Bea Viviers in Windhoek by [email protected]; Frank Reddig in Tsumeb by [email protected] of Iroleen Page in Walvisbaai by [email protected].

Die Boogskietvereniging van Namibië se web­adres is www.archerynamibia.org.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!