Eerste reën val wyd

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Windhoekers was gister in verwondering nadat ‘n hewige haelbui tydens die middaguur oor die hoofstad uitgesak en plek-plek hope haelkorrels gelaat het, terwyl talle ander plekke in die land ook teen gistermiddag reën ontvang het.

Facebook-gebruikers het gesê in Hochlandpark is 25 mm reën gemeet, terwyl elders in Windhoek 16 mm, 12 mm en 8 mm se reën gemeet is. Die tehuis vir bejaardes, Schanzen Oord, het op hul Facebook-blad foto’s van die hael versprei en gesê totale opgewondenheid heers oor die “sneeu”.

Woensdag het dit 20 mm op Outjo, 22 mm op die Hardapskema en 6 mm op Otjiwarongo gereën. Dit het toe ook reeds op Tsumeb, Grootfontein, Karasburg, Leonardville, Grünau en Eenhana gereën.
‘n Boer in die Grootfontein-omgewing het tussen 5 mm en 14 mm reën op sy plaas gemeet, terwyl Jackson Kapuka 20 mm se reën gisteroggend op Tsumeb gemeet het.

Dinsdag het die plaas Otjivero 50 mm reën ontvang en het dit 30 mm op Omitara, 25 mm op Otavi en tussen 6 mm en 10 mm op Gobabis gereën.

Verder is 12 mm Dinsdag in die Otavi-vallei gemeet en by die Guinas-meer naby Tsumeb 18 mm. Druppels het toe ook op plekke soos Otjiwarongo en suidoos van Ondangwa geval. Divundu het glo Dinsdag reeds 3 mm ontvang.

Die Namibiese weerkantoor voorspel gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm weer vir vandag, met enkele donderbuie in die noordooste en verre suidweste. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees, met ligte tot sterk westewinde wat waai.
[email protected]

FOTO’s
“So het Anke, Chloe en Usha die eerste reën geniet en hael in Windhoek geniet,” sê Benito Groenewald.
Reen wat met hael gepaard gegaan het, het gister tydens die etensuur oor Windhoek uitgesak. Chrisna Walder wat die foto in Wright-straat in die Suidelike Industriële gebied geneem het, het gesê dat dit nie skuim op die straat is nie maar wel ys.
Die klein rivier loop sterk oor TV Moorestraat in die Suidelike industriële nywerheidsgebied. Foto Mark Bause
Ook op die hoek van Faraday- en Julius K. Nyerere-straat het die hael op die straat en kantsteen gele. “Dit was nou ’n baie lekker hael storm waardeur ek gery het,” het Michael Rudloff gesê.
Hugo Meintjes het die foto van reënpoele langs die pad op pad na Otjiwarongo op die Facebook-blad Namibië Reën gedeel. Hy sê orals langs die pad lê poele water.
Xavier Steytler het die hael-foto's in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied op die Facebookblad Reën in Namibia gedeel.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A