Eerste renoster vanjaar gestroop
Eerste renoster vanjaar gestroop

Eerste renoster vanjaar gestroop

Die Blue Rhino-taakspan het hul weer goed van hul taak gekwyt toe hulle ses verdagtes vasgetrek het.
Andrew Poolman
Francoise Steynberg



Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek en bly in ­aanhouding nadat 'n witrenosterbul in die ­Okahandja-distrik gestroop is.

Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die karkas van die bul met sy horings verwyder omstreeks 07:30 op Vrydag 8 Janu­arie op 'n private wildreservaat gevind.

Hy het bevestig dit is die eerste ­renoster wat vanjaar in Namibië gestroop is.

“Speurders van die taakspan en die eenheid vir beskermde spesies van die Namibiese polisie het verlede Saterdag 'n intelligensie-gedrewe ondersoek van stapel gestuur en tydens 'n geheime ­operasie twee verdagtes, mnre. Jeff Makayi Nadango (36) en Stefanus Muyenga Musore (49), in die Lafrenz-­nywerheidsgebied met twee vars renoster­horings in hegtenis geneem,” het De Klerk aan ­Republikein gesê.

“Verdere ondersoek deur die span het hulle na die Otjetu-nedersetting op Okahandja gelei, waar nog vier Namibiërs op dieselfde dag in hegtenis geneem is. Beslag is op 'n ongelisensieerde jag­geweer met ammunise, asook ander stropingstoerusting gelê, asook die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is.”

Die vier verdagtes is mnre. Zekka Petrus Ihemba (45), Mayembe Alfeus ­Kamwengo (38), Matyayi Thomas Sivambo (36) en die 50-jarige Kativa Frans Musenge.

Volgens De Klerk is al die verdagtes vermoedelik deel van 'n ­stropingsindikaat wat die bul op die wildreservaat ­gestroop het. Een van die verdagtes is glo 'n ­werknemer daar.

Die verdagtes het volgens De Klerk reeds in die hof verskyn. Nadango en Musore het in die landdroshof op Okahandja verskyn en bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 24 Junie.

Die ander vier beskuldigdes het in die Windhoek-landdroshof in ­Katutura verskyn. Hulle bly ook in aanhouding tot hul volgende verskyning op 25 Maart.

Verlede jaar is 30 renosters in Namibië gestroop, teenoor 50 in 2019 en 2018 se 70. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!