Eerste San-masseuse smaak sukses
“Ek wil ander San-vroue wys jy moet leer en studeer om jouself op te hef.”
Tanja Bause – Mens is nooit te oud om te leer nie, en dis nooit te laat om sukses te bereik nie.
Me. Melody Garises (43) het dít bewys toe sy die eerste gekwalifiseerde San-masseuse en eienaar van BHT (Blessed Hand Treatment) Massage Therapy CC geword het.
“Ek is ’n trotse Hai//om. Ek is die enigste Hai//om in Namibië wat ’n gekwalifiseerde masseuse is, en ook die eerste om haar eie spa te open,” sê sy.
Garises is op Grootfontein gebore en het op dié dorp en Tsumeb skoolgegaan.
Sy het saam met haar oudste broer Windhoek toe verhuis om haar skoolloopbaan aan die Sekondêre Skool Augustinium te voltooi.
Ná sy beide haar ouers in een jaar verloor het, het sy die San-ontwikkelingsprogram (SDP) om hulp genader.
“Dr. Libertina Amathila het in haar termyn as adjunk- eerste minister die San-ontwikkelingsprogram vir benadeelde gemeenskappe van stapel gestuur. Die kantoor van die president het my opleiding en akkommodasie by die Shadonai Beauty School gefinansier,” sê Garises.
“Ek was die enigste San-vrou in die klas en mense het gedink San-vroue nie kan masseer nie, maar ek het hulle verkeerd bewys en my diploma in 2015 ontvang.
“Dit was nog altyd my droom om my eie besigheid te besit. Dr. Amathila het my drome laat waar word. Sy en haar program het my dié geleentheid gebied. As San het ons gevoel ons is nie mense nie, maar deur middel van die program word ons raakgesien en kan ons ons lewensomstandighede verbeter.”
Ná Garises haar diploma ontvang het, het sy ook ’n kursus in beroepsgesondheid en veiligheid met die kantoor van die president se ondersteuning gedoen.
“Tydens dié kursus was ek weer die enigste Hai//omsprekende persoon tussen Oshiwambosprekende studente. Hulle het goed in hul taal bespreek en ek kon niks verstaan nie. Ek moes altyd vra dat hulle weer in Engels moet verduidelik. Ek het soms gevoel ek wil opgee, maar het vasgebyt en deurgedruk omdat ek my eie besigheid wou besit.
“Ek het besluit om die kursus te doen sodat ander San-meisies en -vroue sien jy hoef jouself nie tot een ding te beperk nie. Jy kan uitbrei en verskeie goed studeer en leer doen. Sodoende het jy meer en beter opsies in die toekoms.”
Garises het nog altyd mense gemasseer, sê sy.
“Ek onthou my pa het eendag skeefgetrap en sy enkel geswik. Ek het hom dae lank gesmeer en hy het nie nodig gehad om ’n dokter te sien nie. My tannie, wat ek ook so gesmeer het, het altyd gesê ek het geseënde hande, dus het ek altyd geweet ek sal ’n masseuse word.”
Sy het begin om mense aan huis te besoek en daar te masseer.
“Ek het alles wat ek benodig het in ’n taxi gelaai en na mense se huise gery en gewerk. Ek het elke sent gespaar en mettertyd vir my toerusting soos ’n masseerbed gekoop, wat ek dan ook na die huise geneem het,” sê sy.
In 2018 het sy haar oom om hulp genader sodat sy haar eie onderneming kon begin.
“My oom het gesê ek moet ’n plek vind om te huur, wat vir my geskik is, en dat hy die eerste maand se huur vir my sal betaal. Ek het die plek in die Zimbabwiese ambassade-gebou gevind en gehuur. Ek het my spaargeld gevat en die plek opgeknap, mooi gemaak en ingegerig. BHT het toe in Junie verlede jaar vir besigheid geopen,” sê Garises.
“Ek het ’n droom gehad en alles in my vermoë gedoen om dit te verwesenlik. Dit is ook die boodskap wat ek aan alle San-vroue wil gee. Julle kan ook iets bereik. Moenie dat jul omstandighede in die pad van jul drome staan nie. Kyk vir my, ek het baie klein begin, elke sent wat ek kon, gespaar, en vandag het ek my eie besigheid.”
Garises het nog groter drome – om na haar gemeenskap terug te keer en daarin te belê.
“Ek wil met hulle in hul taal gaan praat. Vir hulle vertel dat alkoholmisbruik en kinders kry nie die antwoord is nie, maar dat leer en studeer die toekoms is. Ek wil hulle ophef en help. Baie van my mense is bang vir Windhoek, maar hulle het vaardighede wat ontwikkel moet word waar hulle woon. Tans is my besigheid nog te nuut en die finansies laat dit nog nie toe nie,” sê sy.
“Voor ek ‘n kliënt begin masseer, bid ek eers. Met alles wat ek doen, sit ek Hom eerste, want sonder God sou ek nie hier waar ek nou is gewees het nie.”
BHT is van Maandag tot Saterdag oop en Sondag op versoek.
Garises kan by 081 205 4418 of [email protected] gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie