Eerste solo-enkelsnit vir Burgerd
Eerste solo-enkelsnit vir Burgerd

Eerste solo-enkelsnit vir Burgerd

Jacqueline Louw
Die gewilde sanger Burgerd Botha se eerste solo-enkelsnit, getiteld Hartlagsiel, is in Januarie landwyd aan radiostasies uitgereik.
Burgerd was vir sewe jaar deel van die veelbekroonde sanggroep Romanz, wie se CD’s verskeie kere platinumstatus verwerf het. “Sang was nog altyd my groot liefde en 'n integrale deel van my lewe,” vertel Burgerd, wat gereeld by plaaslike musiekkonserte en feeste optree en ook al die internasionale arena betree het.
Hy het onder meer saam met die Suid-Afrikaanse Olimpiese span na Londen gereis en vir hulle by South Africa House gesing en in 2011 het hy by Prins Albert en Prinses Charlene van Monaco se huweliksbevestiging gesing waar internasionale bekendes soos Umberto Tozzi en Andrea Bocelli opgetree het. Burgerd is ook 'n bekende by plaaslike konserte soos Huisgenoot Skouspel, Skouspel Plus, Gospel Skouspel en feeste oor die hele land.
Dié talentvolle jong man is op 27 November 1986 in Klerksdorp gebore.
As die seun van musikale ouers het hy van kleins af aan kunswedstryde en konserte deelgeneem.
In graad 9 was hy deel van die Jakaranda Kinderkoor wat aan die Toskaanse Koorfees in Italië deelgeneem het. In graad 10 was hy ‘n lid van die Universiteit van Pretoria se jeugkoor en in sy graad 11-jaar het hy die hoofrol vertolk in die musiektoneelstuk The King and I, wat deur Hoërskool Brits aangebied is.
Hy het aan die Suid-Afrikaanse Musiekinstituut studeer en kort daarna die professionele musiekwêreld as lid van die gewilde sangkwartet Romanz betree. Benewens sy liefde vir musiek en sang, is Burgerd 'n avonturier wat veral hou van perdry, skiet en die buitelewe, en vir wie gesinstyd ontsettend belangrik is.
“Ek maak dikwels tyd vir my ouers en wyd-uitgebreide familie en hou daarvan om musiek te maak om die kampvuur of sommer net vir die lekker. Gesinsvakansies lê my baie na aan die hart,” sê Burgerd.
Maar die sang-avontuur wat nou vir hom voorlê, is vir Burgerd 'n baie opwindende nuwe hoofstuk in sy lewe. “Ek kan nie wag om die musiekwêreld as solis te betree nie,” sê hy.
Hier is ? skakel na die video van Hartlagsiel: https://www.facebook.com/BurgerdBothaMusiek/

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!