Eerste sportkodes mag begin ontwaak
Streng voorwaardes geld steeds vir die niekontaksporte aan wie die groen lig gegee is.
Andrew Poolman – Versigtige eerste treë vir die terugkeer na 'n soort normaliteit ná Covid-19 is vandeesweek in sekere goedgekeurde sportkodes gegee, terwyl kontaksporte steeds die verdere verslapping van inperking (fase 3, op 2 Junie) moet afwag.
Deelnemers aan sekere individuele en niekontaksporte mag sedert afgelope Dinsdag se aankondiging en instelling van fase 2 deur president Hage Geingob weer sekere bedrywighede (hoofsaaklik oefensessies) hervat, hoewel steeds onderhewig aan streng veiligheidsmaatreëls van sosiale afstand.
Die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, het in 'n nuusverklaring die moets en moenies uiteengesit.
Sportbyeenkomste in die algemeen bly steeds ingeperk; kompeterende sport is streng verbode en onder geen omstandighede mag toeskouers begin vergader om te sien hoe sportmense (maksimum tien per sessie, indien die beskikbare ruimte soveel toelaat) 'n bietjie oefen nie.
Sportbeheerliggame word verantwoordelik gehou om toe te sien dat hul atlete aan die algemene riglyne voldoen, soos distansiëring (minstens twee meter weg van enigiemand wat sweet, geen liggaamlike kontak nie en skoon handdoeke ten alle tye).
Almal se hande moet vooraf en agterna skoon gehou word en sportgeriewe moet gereinig word vir die volgende persoon.
Vir alle sportfederasies is dit verpligtend om presensielyste van alle teenwoordiges by te hou, sodat opvolg en monitering gedoen kan word indien enige individu 'n vermoedelike Covid-19-geval word. Federasies moet maandeliks op die 25ste by die Sportkommissie hul ingevulde vorms indien.
In Mwiya se verklaring word selfs verklaar dat die ministerie van sport asook wetstoepassers “gereelde veldinspeksies” sal hou om te verseker dat die goedgekeurde regulasies nie oortree word nie.
TOEGELATE SPORTE (nie-kontak)
Atletiek (geen toerusting mag gedeel word nie)
Boogskiet
Elektroniese sport
Danssport (solo)
Fietsry
Gholf
Gimnastiek (ritmies, aerobies, trampolien en tuimel)
Hengel (varswater, rots- en strandhengel)
Kanosport en roei
Karate – net kata (stylvertoon), geen kumite (gevegte)
Krieket
Motorsport
Perdesport
Pluimbal (net enkelspel)
Rolbal (handskoene verpligtend)
Skaak
Skietsporte
Swem en watersport
Tennis en tafeltennis
Triathlon
Veerpyle
Vuisbal
Waterski
VERBODE SPORTE (kontaksport)
Basketbal
Boks
Danssport (vir pare)
Gimnastiek (artisties vir mans en vroue)
Hokkie en rolskaatshokkie
Judo
Kendo
Kragoptel en gewigoptel
Netbal
Rugby
Skopboks
Sokker
Stoei
Vlugbal
KHOMAS ROEP 2020 VAARWEL
Die Khomas-netbalstreek het sy opskorting van alle bedrywighede vir die ganse 2020-seisoen aangekondig.
Die Khomas-ligas, waaraan klubs van Windhoek, Rehoboth, Okahandja, Dordabis en Groot Aub normaalweg tussen April en September sou deelneem, is dus in geheel gekanselleer.
Die algemene jaarvergadering sal ook nie meer plaasvind nie.
“Sedert die uitbreking van Covid-19 en die gevolglike maatreëls het ons bedrywighede nie aan die gang gekom nie. Met inagneming van die huidige veiligheidsbeperkings teen die verspreiding van die virus, asook die meer beknopte akademiese jaar vir die meerderheid van ons netbalspelers, het Khomas se leierskap alle bedrywighede tot volgende jaar opgeskort,” lui die verklaring deur hul skakelbeampte, Isack Hamata.
“Die gesondheid en welstand van spelers en die breër Namibiese gemeenskap is die hoogste prioriteit wat onder geen omstandighede onderhandelbaar is nie.”
• Sover dit die vooruitsigte vir die nasionale span se terugkeer na aksie betref, is die plaaslike aanbieding van die jaarlikse Debmarine Pent-reeks teen genooide buurlande in September reeds gekanselleer.
Die Desert Jewels sou in September ook die titel by die M1 Nasiesbeker in Singapoer gaan verdedig het wat hulle laas jaar verower het. Singapoer het die toernooi voorlopig tot in Desember uitgestel.
Me. Rebekka Goagoses, Netbal Namibië se visepresident vir bemarking, sê die stand van die pandemie word deurentyd gemonitor.
“Vir nou is sake onveranderd, naamlik dat netbalbedrywighede in Namibië opgeskort bly.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie