Eerste Sputnik-spuite verval
Die ministerie van gesondheid het protokolle ingestel vir die vernietiging van entstowwe wat verval het.
Henriette Lamprecht – Die besending eerste spuite (komponent 1) van die tweefase-Sputnik-entstof wat Vrydag uit Namibië se inentingsveldtog teen Covid-19 onttrek is, het dieselfde dag verval.
Namibië het 15 000 dosisse van elk van die twee komponente van Serwië ontvang.
Die tweede spuite verval in Februarie aanstaande jaar.
Volgens die hoof van die taakspan vir die land se inentingsveldtog, me. Petronella Masabane, sal die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nou “wag en kyk of dié wat die eerste komponent ontvang het, vir die tweede dosis opdaag.” Teen Saterdag het 108 mense in Namibië die eerste dosis ontvang, terwyl sewe albei dosisse gekry het.
“Ons sal die tweede dosis vir die oorblywende 101 gereed hou,” het Masabane gesê.
Op 'n vraag wat die ministerie met die res van die vervalde eerste dosisse gaan maak, het sy bloot gesê “protokolle vir verbranding/weggooi en rapportering is in plek”.
Die ministerie het die naweek by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, gesê 'n besluit is geneem om Sputnik “met 'n oormaat versigtigheid” onmiddellik uit die veldtog te onttrek, omdat mans wat dié entstof ontvang het, 'n hoër risiko kan hê om MIV op te doen.
Die groen lig vir die gebruik van die entstof in die land is nie deur die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) gegee nie en dit verskyn ook nie op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se noodlys vir gebruik nie.
Goedkeuring vir gebruik in Namibië is wel in lyn met artikel 45 van die wet vir medisyne en verwante middele toegestaan.
Nangombe het die besluit gemotiveer deur te verwys na 'n verklaring deur buurland Suid-Afrika se regulerende owerheid vir gesondheidsprodukte (SAHPRA) oor kommer oor die veiligheid en doeltreffendheid van Ad5-vektor-entstowwe in bevolkings met 'n risiko vir MIV-infeksie en met 'n hoë teenwoordigheid van voorafbestaande Ad-spesifieke neutraliserende teenliggaampies (Nabs) in die algemene bevolking.
Volgens Nangombe sal die ministerie sy besluit heroorweeg vir gebruik sodra Sputnik op die WHO se lys vir noodgebruik verskyn.
Die entstof word deur die Gamaleya Navorsingsinstituut vir Epidemiologie en Mikrobiologie vervaardig en kombineer twee verskillende adenovirus-tipes naamlik Adenovirus Tipe 26 (Ad26) en Adenovirus Tipe 5 (Ad5). Die kommer is oor die veiligheid van Ad-5-dosisse in mense wat die risiko loop om MIV op te doen.
Die teenwoordigheid van die reeds bestaande Nabs in mense is volgens SAPHRA 'n uitdaging wat met dié tipe entstowwe gepaard gaan. Die organisasie het sy besluit gebaseer op kliniese proewe wat die veiligheid ontleed het van Ad-5-vektor-entstowwe en dié wat in die Russiese entstof voorkom.
Die WHO het verlede week gesê Sputnik verskyn nog nie op hul noodlys nie, omdat regsprosedures nog hangend is en data nog ontbreek.
Volgens die organisasie het hy weer met die evalueringsproses begin en wag vir die voltooiing van voorleggings.
Die Russian Direct Investment Fund (RDIF) wat Sputnik in die buiteland bemark, het vroeër aan Reuters gesê 'n groep WHO-inspekteurs gaan Rusland “eersdaags besoek” om al die nodige inspeksies en papierwerk te voltooi. Volgens RDIF se hoof, mnr. Kirill Dmitriev, is die verwagting dat die WHO die entstof in die “komende maande” sal goedkeur. Goedkeuring deur die Europese Medisyne-agentskap word eers in die eerste kwartaal van aanstaande jaar verwag.
Met verwysing na die gebruik van aanvullende dosisse vir dié wat reeds ten volle ingeënt is, het Masabane intussen gesê dié in die taakspan verantwoordelik vir wetenskaplike en gevallebestuur vir aanvullende dosisse, die meng van entstowwe en die inenting van mense jonger as 18, het hul opdrag voltooi. Dit word tans op uitvoerende vlak ontleed en bespreek.
'n Aankondiging in dié verband word volgens Masabane deur die loop van die week of vroeg aanstaande week ná die spesiale kabinetsitting Vrydag verwag. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie