Eerste stemme in VSA getel
Die eerste stemme is uitgebring en getel in die Amerikaanse presidentsverkiesing. . . en Hillary Clinton het die meeste stemme gekry. Dis nou wel in die klein nedersetting van Dixville Notch, New Hampshire, met net agt geregistreerde kiesers.
In die dorpie is dit tradisie dat die stembus om middernag open en die agt geregistreerde kiesers was op hul pos om te stem.
Clinton het vier stemme gekry, Donald Trump twee en die Libertarian-kandidaat, Gary Johnson, het een stem gekry. Amerikaanse stembriewe maak ook daarvoor voorsiening dat kiesers ‘n naam van ‘n kandidaat wat nie op die stembrief verskyn nie, kan inskryf.
Een van Dixville Notch se kiesers het die opsie geneem en vir Mitt Romney, die Republikeinse kandidaat in die vorige verkiesing in 2012, gestem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie