Eerste veilings betáál vir tollies
Tollies verdien tans goeie geld vanaf veral Suid-Afrikaanse voerkrale – iets wat kenners meen baie gesond vir ’n vryemarkstelsel is.
Elvira Hattingh
Goeie reënneerslae oor groot dele van die land, 'n kleiner vee-aanbod asook sterk kompetisie onder kopers blyk steeds die dryfkrag te wees agter die hemelhoë veilingspryse wat met die intrapslag van 2021 vir veral tollies betaal word.
Tydens ’n Agra-veiling Woensdag op Grootfontein met ’n aanbod van sowat 902 beeste, is tot N$53,01 per kg vir tollies in die gewigsklas van 131 kg tot 200 kg betaal.
Hul gemiddelde prys was N$46,60, terwyl katkoppe (tollies ligter as 130 kg) vir soveel as N$50,50 per kg verkoop is. Hier was die gemiddelde prys N$48,50.
Dieselfde tendens was te bespeur by ’n Blaauwberg-veiling wat op 13 Januarie op Grootfontein met 532 stuks vee aangebied is.
Die hoogste prys van N$51,72 per kg is toe vir katkoppe betaal, met die gemiddelde prys wat N$51,38 was.
Swaarder klas tollies (131 kg tot 200 kg) is vir die hoogste prys van N$47,46 per kg verkoop, terwyl dié gemiddeld op N$44,96 gestaan het. Verse onder 130 kg is ook vir gemiddeld N$46,54 per kg verkoop.
REËN
Blaauwberg Auctioneers se eienaar, mnr. Piet Schrader, sê die pryse word gerugsteun deur veral die goeie reënneerslae wat die afgelope tyd ervaar is.
Hy meen dit dui daarop dat boere nou toegang tot geld en weiding het.
Schrader sê mededinging word veral vanaf voerkrale uit Suid-Afrika ervaar – wat hy meen ’n baie gesonde tendens is.
“Hulle hou ons boere hier aan die lewe, sonder hulle sal boere uitgelewer wees.”
Hy beklemtoon dit is hoe die vryemarkstelsel werk, waarby niemand durf inmeng nie, en vir nou het dit ten gunste van speenkalfprodusente geswaai.
OPLEWING
Volgens kenners in die bedryf word die oplewing in tolliepryse reeds sedert Oktober verlede jaar ervaar. Die aanbod van vee bly onder druk omdat boere verse vir kuddebou-doeleindes ná die droogte terughou, terwyl die koeikudde tans ook kleiner is en die afgelope jare se droogte tot 'n vertraging van die kalfseisoen gelei het.
Dit volg nadat katkoppe se pryse op 9 Desember op Grootfontein by N$55,56 per kg gedraai het, met die gemiddelde prys wat N$55,10 per kg was.
Tollies tussen 131 kg en 200 kg het toe die hoogste prys van N$50,75 behaal. Daar is toe ook die hoogste prys van N$50,51 per kg vir verse onder 130 kg betaal.
In die laaste week van November verlede jaar het Republikein berig die gemiddelde pryse van tollies het die N$48/kg-merk op Noorde-veilings verbygesteek.
Toe is die hoogste prys van N$48,97 per kg vir tollies onder 130 kg op 'n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal, terwyl hul gemiddelde prys op N$48,17 gestaan het. Versies in dieselfde gewigsklas is ook vir ’n gemiddelde prys van N$44,89 verkoop. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie