Eerste vrouespan in jare byeen

Die terugkeer na ernstige kompetisie begin die naweek teen Zambië.
Ná 'n droogte van sewe jaar waarin die vroue net sporadies in sewesrugby voortgeploeter het, is die Namibië Rugby-unie opgewonde om weer 'n nasionale vrouespan te kan aankondig wat komende Saterdag teen Zambië uitdraf.

Dié toets in die Hage Geingob-stadion onder die vaandel van Rugby Afrika (afskoptyd 16:30) is deel van vanjaar se eerste fase om vrouerugby op die vasteland na 'n formaat van krag teen krag te begin uitklaar.

Afrigter Christel (CJ) Kotzé se span is saamgestel uit vyf klubs wat vanjaar in sewes- en vyftienrugby meegeding het. Die Universiteit van Namibië het ses spelers in die 23-tal, terwyl Rehoboth-rugbyklub (vyf), Wanderers (vier), die Okahandja Huskies en Grootfontein (drie elk) en Kudus van Walvisbaai (twee) ook verteenwoordigers het.

Kudus se vleuel Fulchen Bock, destyds skrumskakel, is die enigste speler wat oorgebly het van 2014 se vrouespan wat in Windhoek die laaste tuistoets teen Botswana gewen het. Dit was die Namibiese vroue se laaste amptelike aksie die afgelope jare, afgesien dat hulle af en toe onsuksesvol in sewesrugby vir groter toernooie probeer kwalifiseer het.

Uit die groter oefengroep van 34 spelers wat ná afloop van proewe op 15 Oktober gekies was, is 'n finale proefgeleentheid die afgelope naweek gehou voordat die Namibiese span saamgestel is. Kotzé, gewese speler wat onlangs as nasionale hoofafrigter aangestel is, is bygestaan deur Sergio de la Harpe (krag en kondisionering) en Jood Opperman (voorspelerspel) wat beide gesoute afrigters op topvlak is.

Die NRU, wat sy erns verklaar het om algaande meer sulke groot geleenthede vir jong Namibiese vrouespelers te skep, spreek sy waardering uit aan Namibia Desert Diamonds (Namdia) wat die Namibiese span van uitrusting op en van die veld voorsien – “om soos kampioene te kan lyk en speel”.

Die Namibiese vrouespan:

1 Faizal-lee Tjivava (19, Kudus)

2 Mandy Hansen, 24, Unam)

3 Elzane-Lee (Basson, 21, Unam)

4 Rhevonne de Klerk (19, Okahandja Huskies)

5 Lourencia Rooinasie (27, Wanderers)

6 Rene Tjiuorokisa (23, Grootfontein)

7 Tammy Roodt (19, Kudus)

8 Mandie van Staden (29, Wanderers)

9 Litisha Matheus (26, Unam)

10 Euodia Bassingthwaighte, 21, Unam)

11 Fulchen Bock (26, Grootfontein)

12 Chevonne de Klerk (19, Okahandja Huskies)

13 Astrid van Lill (30, Wanderers)

14 Merilees Govender (24, Unam)

15 Leventine Boois (21, Rehoboth)

Reserwes: 16 Alicia Gertze (23, Rehoboth), 17 Gabriella Jahs (23, Grootfontein), 18 Ellen Garoes (21, Rehoboth), 19 Ndapanda Kakundi (17, Unam), 20 Pione van Rooyen (18, Rehoboth), 21 Fiola Vliete (23, Rehoboth), 22 Ida Visagie (20, Wanderers), 23 Roberta Fabio (20, Okahandja Huskies)

Die Zambiese span word Donderdagnamiddag in Windhoek verwag.

FOTO’s Andrew Poolman
Faizal-lee Tjivava (19) van Kudus, hier in aksie in ’n snikhete middagwedstryd op Grootfontein, het Namibië se span as loskopstut gehaal.
Gabriella Jahs van Grootfontein is op die reserwebank vir die nasionale span.
Tammy-Lee Roodt, die 19-jarige flank van Kudus, in aksie teen Grootfontein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!