Eerste weerlig vir die seisoen
Tanja Bause - Bewolkte toestande het gister dwarsoor die land geheers met weerlig wat ook langs die kus vir 'n skouspel gesorg het.
Me. Jermanneke Havemann het dié foto van die weerlig Dinsdagaand op Swakopmund geneem. “Geen druppel het geval nie, maar dit was die eerste weerlig vir die reënseisoen,” vertel sy. Suid van Sandvishawe het reën voorgekom, terwyl 1 mm by die Camp Gecko- private natuurreservaat by die Spreetshoogtepas aangeteken is.
Inwoners in die hoofstad het gister met 'n gerammel en druppels wakker geword. Volgens me. Andriëtte Lucks, wat Woensdag van Windhoek na die Kaap gereis het, het dit voor Mariental saggies begin reën. Dit was heelpad bewolk, met koue, mistige weer wat in die verre Suide by Grünau voorgekom het.
Volgens die Namibiese weerkantoor het dit die afgelope naweek in die noordelike, sentrale, oostelike en suidelike gebiede van die land gereën. Dit het ook in die oostelike dele, veral in Aminuis, gehael. Nog reën word vir die noordoostelike en oostelike streke voorspel. Dit sal van vandag af warmer word in die Suide.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie