Eerste wenner in Agra-slagoskompetisie aangewys

Nina-produsente kompeteer volgende
Elvira Hattingh
Mnr. Christi Grobbelaar is as die eerste wenner in die “op die hoef-kategorie” in Agra se slagoskompetisie aangewys, wat op Woensdag 6 Junie op Gobabis afgeskop het.

Vanjaar is dit die derde slagoskompetisie wat deur Agra Veilings aangebied word sedert die kompetisie se ontstaan in 2016.

Dit is ook die eerste keer dat die kompetisie op Gobabis aangebied is. Agra se agent vir Gobabis, mnr. MC Human het hom goed van sy taak gekwyt en altesaam 34 uitstekende osse vir die kompetisie bymekaar gemaak. Die geleentheid is goed bygewoon en positiewe terugvoering is vanaf produsente ontvang.

Die kompetisie sal voorts op Nina (20 Junie), Otjiwarongo (26 Junie), Aub (4 Julie) en in Windhoek (17 Julie) aangebied word, waar meer wenners aangewys sal word. Algehele wenners gaan egter eers teen die einde van die kompetisie gekroon word, nadat die osse ook volgens hul karkaseienskappe beoordeel is.

Om aan die kompetisie deel te neem, moet elke produsent twee osse inskryf wat op die hoef, maar ook aan die haak beoordeel sal word.

In die “op die hoef-kategorie” is sleutelelemente vir beoordeling die bees se ouderdom, vetheidsgraad, bespiering, temperament asook goeie boerderypraktyke soos brandmerke en onthoorning. Hierdie kategorie dra 40% tot deelnemers se totale punt by.

Aan die haak word die osse se karkasse volgens die vleisgehalte beoordeel en die maak 60% van deelnemers se totale punte op.

Die kompetisie vorm deel van ‘n inisiatief om aan produsente van osse ‘n platform te gee waar hulle in ‘n geordende wyse kan kompeteer en die gehalte van hul osse met dié van ander produsente kan vergelyk. Dit is soortgelyk aan Agra se speenkalfkompetisie.

Old Mutual borg die eerste pryse wat aan produsente toegeken word, terwyl Feedmaster die tweede pryse borg en Swavet die derde pryse.

Al die osse word by die Beefcor-abbatoir op Okahandja geslag. Beefcor verskaf ook steak vir ‘n braai vir deelnemers en borge ná die onderskeie kompetisies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!