Eerste wenpunte vir Team Cathy-drietal

Die tekens lyk reeds belowend vir 'n kompeterende reeks in 2019.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die eerste skote in die Nedbank Windhoek Pedal Power-padfietsreekse vir spanne het in Sondagoggend se padresies oor 111 kilometer op die Dordabis-pad geklap.

Team Cathy / Scania, wat verlede jaar se reeks in die tweede posisie ná Team Kia Elite afgesluit het, het dié keer die openingsalvo gevuur deur die eerste van die sewe byeenkomste in die reeks te beklink.

Die tema van spanwerk in die reeks, waar die derde spanlid oor die eindstreep die tyd vir die span bepaal, is verlede jaar ingestel en het reeds bygedra om die motivering, taktiese bewustheid en algehele tempo aan die voorpunt van resiese dramaties op te skerp – tot voordeel van die ganse sport in die land.

Organiseerders van die reeks is in hul noppies oor die belowende getal van 175 ryers in verskeie kategorieë (vanaf seuns en meisies o.10) wat vir die eerste grote van die nuwe jaar aangetree het.

Alex Miller het in die laaste jaagtog eindstreep toe sy wiel voor gehou vir die algehele eerste plek, hoewel hy as individuele inskrywing geen punte vir 'n span verdien het nie.

Met Team Cathy se Jacques Celliers en Pierre Knoetze wat minder as vyf sekondes die volgende voltooiers ná Miller was en hul derde spanmaat Jaco Hanekom sowat vyf minute in die 21ste plek, het dié span die wenpunte verseker.

'n Nuwe spaninskrywing, Team Hollard Life, met die vuurvreter Drikus Coetzee (vyfde) aan die spits, het die res laat kennis neem met die algehele tweede posisie (net twee sekondes ná Team Cathy) danksy Ingram Cuff en Gerhard Mans junior se sterk eindpogings.

Team Kia Elite as titelhouer moes met die derde plek tevrede wees danksy André de Klerk, Dieter Koen en Cobus Smit.

Spanne soos NCCS (Jo-Jo Hamunyela, Fiffy Kashululu en Jafet Amukushu) asook Hollard (André Vermeulen, Christo Swartz en Horst Neumann) is ook nog nie buite rekening nie.

In die vrouekompetisie sal 'n nuwe kampioenspan gekroon word met die ontbinding van verlede jaar se topspan, R&R Importers.

Food Lovers Market het die eerste wenpunte by die vroue ingepalm danksy Genevieve Weber, Benita Kasch en Elanor Grassow se harde werk om sterk te eindig.

Tweede is MyLife powered by Hollard se voorste drietal vir die dag, Anneke Steenkamp, Zoe Mitchell en Maike Bochert.

• Die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks se tweede byeenkoms is komende Saterdag gehou en staan as die Döbra Loops bekend.

Dit kan 'n belangrike losmaker wees vir ryers wat by die nasionale kampioenskap op 1 Februarie (individuele tydtoets) en 3 Februarie (padresies) die gesogte Namibiese truie vir die jaar wil inpalm.

• Die uitslae by Dordabis, soos verskaf deur Raceday, was soos volg:

MANS OPE SPANNE

1 Alex Miller 2:49:40

2 Jacques Celliers (Team Cathy) 2:49:42

3 Pierre Knoetze (Team Cathy) 2:49:45

4 Drikus Coetzee (Hollard Life) 2:49:48

5 Jo-Jo Hamunyela (NCCS) 2:50:52

6 André de Klerk (Team Kia Elite) 2:50:52

7 Ingram Cuff (Hollard Life) 2:50:52

8 Kai Pritzen (Team Kia Elite) 2:50:57

9 Gerhard Mans jnr. (Hollard Life) 2:53:28

10 Braam Vermeulen 2:53:28

11 Chiponeni Kashululu (NCCS) 2:53:28

12 André Vermeulen (Hollard) 2:53:29

13 Tyrone Kotze (Lumber City Men) 2:53:30

14 Christo Swartz (Hollard) 2:53:32

15 Clinton Hilfiker (Hollard Life) 2:55:03

16 Heiko Diehl (Hollard Life)

2:55:48

17 Horst Neumann (Hollard) 2:55:49

18 Melki Hamukoto 2:55:52

19 Dieter Koen (Team Kia Elite) 2:55:54

20 Cobus Smit (Team Kia Elite) 2:55:58



VROUE OPE SPANNE

1 Genevieve Weber (Foodlovers Market) 2:26:24

2 Anneke Steenkamp (MyLife powered by Hollard) 2:26:24

3 Risa Dreyer (Delush) 2:26:29

4 Benita Kasch (Foodlovers Market) 2:28:26

5 Zoe Mitchell (MyLife powered by Hollard) 2:29:48

6 Lauren Lewis 2:30:23

7 Michaela Ham 2:30:24

8 Janine de Klerk (Lumber City) 2:30:24

9 Elanor Grassow (Foodlovers Market) 2:30:25

10 Maike Bochert (MyLife powered by Hollard) 2:30:26

11 Silke Bean (MyLife powered by Hollard) 2:30:37

12 Anri Parker (Securitas) 2:31:48

13 Adelé de la Rey (Lumber City) 2:33:02

14 Lelani Swart (Lumber City) 2:33:03

15 Patricia Hoeksema 2:34:39

16 Jolynde Aucamp (Foodlovers Market) 2:34:39

17 Marguerita Maritz (Mabaruli Cycling Safaris) 2:35:26

18 Tania Wiese (Mabaruli Cycling Safaris) 2:37:34

19 Ingrid Scholz (Mabaruli Cycling Safaris) 2:38:54

20 Melissa Hinz (Lumber City) 2:39:06

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!