Eerste woestynskoonmaak op Henties

Tanja Bause
Tanja Bause - Saterdag het 120 Hentiesbaaiers handskoene aangetrek, moue opgerol en die woestyn ingestap om vullis op te tel.

Me. Daleen Agenbag van Spar sê hul woestynskoonmaakprojek was ‘n reusesukses met 211 sakke vullis wat ingesamel is.

“Dit klink nie na baie nie, maar as jy die sakke op ‘n bakkie laai, is dit baie,” sê sy.

“Ons het ’n baie klein oppervlakte skoongemaak waar nog nooit skoongemaak is nie. Dit is jare se vuilis van die informele nedersetting, die woonbuurte en die dorp wat daar die woestyn ingewaai het. Dit is ook vullis wat van die asgate af soontoe gewaai het. Ons het die asgate se omheining nou weer herstel, maar dit was ’n tyd lank stukkend en vullis het die woestyn ingewaai.”

Hoewel verskeie skoonmaakveldtogte al op die dorp en strand aangepak is, was dié die eerste in die woestyn.

“Ons gaan die woestyn nou een keer ’n maand skoonmaak. Ons gaan van die ingang van Hentiesbaai af tot by die Omarururivier skoonmaak – basies die hele dorp.”

Spar het die projek van stapel gestuur en deelnemers van kos voorsien.

Ander borge was Plastic Packaging, wat plastieksakke verskaf het, Namibia Beverages koeldranke en Namibia Dairies worsies.

“Namibia Dairies het hul werkers van Swakopmund af aangery om te kom help. Hentiesbaaiers van alle ouderdomme het gehelp. Dit is ’n riem onder die hart om te sien mense gee tog vir die omgewing om en skroom nie om hand by te sit nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!