Eerste Wêreldkameelperddag herdenk

Gerine Hoff
Wêreldkameelperddag is verlede naweek vir die eerste keer gevier en First National Bank (FNB) Namibia het sy takke in die Noorde aangemoedig om dié belangrike inisiatief te ondersteun.
Die Kameelperd-bewaringstigting (GCF) het op 21 Junie, met die langste nag van die jaar, ’n veldtog van stapel gestuur om mense oral in die wêreld bewus te maak hoe belangrik die bewaring van kameelperde, die langste diere ter wêreld, is.
Ondersteuning van die veldtog is belangrik omdat kameelperdgetalle die afgelope 15 jaar op die Afrika-vasteland met 40% verminder het, van sowat 140 000 kameelperde in 1990 tot die huidige 80 000.
Kameelperde het reeds in sewe Afrikalande uitgesterf. Buiten Niger, het Namibië die enigste toenemende kameelperdbevolking in Afrika.
FNB se streekskantoor op Otjiwarongo het sy steun aan die projek bewys deur die takke in die Noorde aan te moedig om plakkers vir die veldtog te verkoop. Die plakkers is teen N$5 stuk verkoop en die geld wat daarmee ingesamel is, sal gebruik word om onderrigmateriaal oor kameelperde te druk en onder Namibiese skole te versprei.
Die takke het met entoesiasme die uitdaging aangepak en 1 500 plakkers is verkoop. Die tak wat die meeste verkoop het, sal N$500 vir sy sosiale klub wen.
Shanic Embroidery op Otjiwarongo het ook 40 kopdoeke aan FNB geskenk (drie vir elke tak) wat aan personeellede oorhandig sal word wat die meeste plakkers verkoop.
Buiten vir die plakkerveldtog van FNB, is die dag ook in Windhoek en ander dele van die land herdenk.
’n Praatjie oor kameelperdbewaring in Afrika, met die klem op Namibië, is Donderdag 19 Junie deur dr. Julian Fennessy van GCF by ’n gesamentlike geleentheid van die Namibië Wetenskaplike Vereniging en Namibiese Omgewing en Wildlewe Vereniging (NEWS) gehou. Intussen is daar ook ’n loslitdag gehou met die tema “Jeans4Giraffe”, waaraan organisasies, maatskappye en skole deelgeneem het. Toe kon mense denims of loslitklere (met ’n kameelperdpatroon) dra. ’n Goue muntinsameling is ook gehou.
Vir meer inligting, besoek www.worldgiraffeday.org.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!