Eerste Wu00eareldoorlog by Kilo 500 herdenk
Eerste Wu00eareldoorlog by Kilo 500 herdenk

Eerste Wêreldoorlog by Kilo 500 herdenk

Gerine Hoff
Die Grootfontein Boerevereniging bied op Saterdag 15 Augustus sy jaarlikse oesfees aan in ’n tent in die arena van die dorp se skougronde.
Die oesskatterspan het voorspel dat Bertus en Carla Coetzee ten spyte van een van die ergste droogtes nóg, ’n vooruitgeskatte oes van 2,42 ton per hektaar behoort te lewer. Dit is ’n teken van dié boere se deursettingsvermoë en bereidheidwilligheid om ’n kans te vat om eers in Februarie te plant.
Tydens ’n paneelbespreking wat die dag om 11:00 begin, word mielieboere van inligting voorsien oor hoe om by die voorspelde laer reënval vir die komende seisoen aan te pas deur middel van diversifikasie, alternatiewe plantdigtheid, aanplantingstye en bewerkingsmetodes.
Ander besprekingspunte is die beskikbaarheid van nuwe gewas-­variante asook alternatiewe gewasse en die gebruik, koste en finansiering van spilpunte. Hier sal kenners, saadverskaffers en Agribank die gesprekke lei, waarna mielie- en ander produsente die kans kry om kommentaar te lewer.
Terwyl die manne luister, sal Tiaan van Kokkedoor-faam ’n vertoning vir die vroue aanbied.
Sodat ma en pa lekker kan ontspan, kan die kinders deelneem aan Agricollege se boeresport en ander aktiwiteite wat spesifiek op die jongklomp gemik is.
Verrigtinge skop reeds vroegdag af, met ’n fiets- en uithourit wat om 08:30 begin. Fietsryers en ruiters van Outjo, Tsumeb en Otjiwarongo word genooi om aan die onderskeie geleent­hede deel te neem. Hulle kan by Billy of Judith Helwig by 081 345 1285/6 inskryf.
Om 10:00 is daar ’n demonstrasie deur John Deere waarna ’n .22-skiet­kompetisie aangebied word.
Ander hoogtepunte op die program is ’n uitstalling van ou motors, Mej. Oesfees en Mnr. Snorre, vermaak deur Jak de Priester en Tiaan van Kokkedoor, en ’n lesing deur Corporate Gaurantee oor hoe om beesverkope in tye van droogte te bestuur.
Oom Chris sal weer met sy “Vaaljapie” en sleep­waens klein kinders rondry teen N$5 per rit, terwyl die Namibiese orkes Just Jack die voete tydens die dans sal laat stamp.
Volgens die organiseerders word spesiale voorsorg getref teen die koue en gaan daar plek wees met minder geraas waar mense lekker kan kuier en gesels. Heelwat ver­skaffers kom hul produkte vertoon en belangstellendes is welkom om hul produkte of dienste gratis in die vorm van ’n stalletjie bekend te stel.
Deur die loop van die dag sal versnaperinge te koop wees en die aand vanaf halfagt word ’n steakbraai met ’n kontantkroeg aangebied.
Diegene wat hul ou motors wil inskryf, moet asseblief met mnr. Otto by 081 303 6136 in verbinding tree.
Toegang beloop N$50 per persoon en die streakbraai kos N$80 vir volwassenes en N$50 vir laerskoolkinders. Etekaartjies is reeds by die boerevereniging se bestuurslede te koop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!