Eersteklas redes vir eerste taal
Dani Booysen - Die meeste joernaliste is taalmense, so om ten gunste van die woordkuns te betoog, sal in die rubriek geen verrassing wees nie.
Met erkenning daaraan dat mense verskil, elkeen uniek is en oor verskeie vaardighede beskik, sal hierdie voormalige eerste taal-onderwys sy bes doen om nie subjektief te wees nie. Niemand wil kinders almal in een kassie instop nie, maar. . .
Opvoeding in jou moedertaal – en ander tale – op eerste taal-vlak hou groot voordele in. Daarom is die afname in die getal leerlinge wat sekere tale op dié vlak neem, kommerwekkend.
Danksy die demokratisering van onderwys was daar sedert onafhanklikwording ‘n dramatiese toename in skoliere wat nou eerste taal-onderrig in hul eie, inheemse tale ontvang. Dit is wonderlik, hoewel inskrywing in sommige van die tale wisselvallig is.
Wanneer ek egter na data vir my eie taal kyk (volgens my ook “inheems”), raak ek diep besorgd. En ‘n mens moet mos eiegoed koester – sonder aanmatiging en eksklusiwiteit.
Verlede jaar was daar net 195 graad 12’s wat Afrikaans eerste taal op hoërvlak geneem het. Dit is 57% minder leerlinge as 15 jaar gelede. Op gewone vlak is daar sowat 200 leerlinge. Maar net sowat 400 in totaal.
Op hoërvlak het Duits eerste taal se getalle ook halveer. Dieselfde patroon wys in graad 10.
Engels eerste taal (rondom 400) vertoon meer stabiel. In 2017 het minder as 100 graad 10’s egter Engels as eerste taal geneem.
Selfs baie kleiner handjiesvol kinders neem beeldende en uitvoerende kunste, maar kom ons fokus op die tale en plant die kunsfeit as ‘n saadjie vir verdere nadenke.
Bronne lys talle voordele van eerste taal-onderrig buiten bloot die bewaring van kultuurgoedere. Argumente hou verband met moedertaalonderrig, maar strek ook veel wyer. Twee- en meertaligheid is opsigself uiters voordelig en dra ook baie tot die ontwikkeling van vaardighede by. Let wel: Tweede taal- en vreemde taal-onderrrig vervul baie belangrike funksies.
Op eerste taal-vlak vind skoling egter plaas in die mees omvattende aanwending en bemeestering van taal in die breedste sin van die woord. Dit sluit meer gevorderde letterkundestudies in.
Kenners trek sterk verbande tussen hierdie vaardighede en identiteit, akademiese sukses, begrip, die verwerking van kennis, denkprosesse, probleemoplossing, numeriese en wiskundige vaardighede en selfs hoeveel jy eendag gaan verdien. Dit bevorder goeie maatskaplike en familiebande, asook interkulturele begrip.
Beslis het sommige Afrikaans eerste taal-sprekers na private skole migreer wat ander eksamens as die staat s’n aflê. Maar dit verduidelik myns insiens nie volledig die afname in hoër taalvaardighede nie.
Dalk is daar ook minder onderwysers wat die betrokke tale op eerste taal-vlak kan onderrig?
Hoe droewig lees- en skryfvaardighede is, weet almal. En oor die gebrek aan ‘n leeskultuur word knaend beraadslaag.
Ons huidige onderwysbestel teel maar net die probleme aan. Deur ‘n F-simbool vir Engels in graad 10 as slaagvereiste te aanvaar, kweek ons ‘n nasie van half en ongeletterdes. Só ‘n leerling het maar ‘n derde of ‘n bietjie meer van die voorgeskrewe vaardighede – op tweede taal-vlak – bemeester.
Nog erger – het G-simbole enige bestaansreg?
‘n Taal se toekoms lê in sy sprekers se hande. Daarom dat ons die goeie stryd vir ons eie en mekaar se tale moet stry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie