Eerwaarde wy sy lewe aan kinders
Die Tov-sentrum vir vigswesies en weerlose kinders wil op hul eie voete begin staan.
Tanja Bause
“As jy iets nie ken nie of nie weet hoe dit werk nie, vra dan diegene wat kennis daarvan het. Vra vir hulp. Dis geen skande om vir hulp te vra nie,” het eerwaarde Edward Amathila (54), die stigter van die Tov-liefdadigheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb, gesê.
Hy is in Walvisbaai gebore. Sy pa is die ouer broer van die politikus Ben Amathila.
“Ek het in Walvisbaai my laerskool voltooi. In Kuisebmond was daar nie ’n hoërskool nie en die kinders moes Uis, Tsumeb of Khorixas toe gaan. Ek is na die Sekondêre Skool Augustineum in Windhoek gestuur.”
By die skool het hy vir ds. Willem Conradie van die Scripture Union ontmoet.
“Ek het in 1988 – toe ek in matriek was – by hulle aangesluit. Ek het hom genader en gesê ek wil soos hy wees en van daar af het ek alles wat ek doen, op die plaas en die kinders, by hom geleer. Hy het ’n ongelooflike passie vir kinders gehad.”
Ná sy jaar as vrywilliger by Scripure Union het Edward vir vier jaar teologie gaan studeer. Hy het daarna Tsumeb toe getrek en vir die volgende tien jaar by die Assembly of God bedien.
SENTRUM
Hy het Tov in 2001 op Tsumeb begin.
“Ek wou iets vir die kinders doen en het terug na my passie gekeer. Die passie wat in my gekweek is in die jaar wat ek vir ds. Conradie gewerk het. Wanneer jy iets doen wat ’n passie is, iets waarvoor jy gebore is, het jy nie ’n salaris nodig nie, want jy lewe en doen waarvoor jy op aarde geplaas is. Jy moet doen wat jou gelukkig maak en die geld sal volg.”
Volgens Edward is dit belangrik dat kinders ’n oorbruggingsjaar kry.
“Kinders moet die kans kry om hulself te vind. Dis nie gemors nie. As ek dit van die begin af geweet het, sou ek nie al die jare gemors het nie. Ek sou dadelik Tov begin het en gedoen het waarvoor ek gebore is. Alles het in daardie jaar by dominee begin, ek het dit net nie besef nie.”
“Ons het met ’n baie klein huisie en baie min kinders in die lokasie begin en oor die jare uitgebrei. Ons het voor die Covid-19-pandemie 65 kinders in ons sorg gehad. In die 20 jaar wat ek vir Tov het, was die besluit oor die pad vorentoe deur die pandemie die moeilikste.
“Ons het twee keuses gehad. Ons kon aangaan soos wat ons gedoen het en hoop ons oorleef die pandemie, of ons moes die moeilike keuse maak en die kinders verminder. Dit was baie erg, want die kinders kom al ’n lang pad saam met ons. Nou moet ek vir hulle sê ek is baie jammer, maar ons kan nie meer aangaan nie. Daar is nie genoeg geld nie. Ons het nou net 27 kinders by die sentrum wat nog op skool is en wat ons kan versorg.”
Edward het onlangs 12 kinders vir ’n uitstappie geneem.
“Ses van hulle kan universiteit toe gaan en die ander ses is toppresteerders in hul skool. Hulle sal diegene wat universiteit toe gaan, se plek inneem. Dis een van die dinge wat ek by dominee geleer het; ons kyk na die kind in geheel. Ons gee nie net vir hulle kos nie. Die kinders moet blootgestel word; jy moet vir hulle geleenthede skep en die uitstappies doen dit. Baie van die kinders kom uit die Kuvukiland- informele nedersetting met geen elektrisiteit, geen yskaste en geen mikrogolwe nie. Hulle was nog nooit by die see of het ’n olifant gesien nie. Die uitstappies spoor hulle aan om in die skool te presteer sodat hulle gekies word om te gaan. Dit maak hulle wêreld oop.”
“Baie mense kom na my toe en sê Tov is ontsagwekkend en ek sê nee daar is ’n magdom ontsagwekkende mense daar buite en agter ons. Maar alles het met dominee Conradie begin wat vir my gesê het: ‘Doen dit reg’.”
PROJEKTE
Volgens hom is baie liefdadigheidsorganisasies te afhanklik van borge; iets wat nie volhoubaar is nie.
“Ons probeer om minder afhanklik van borge te wees. Ons het ’n stuk grond gekry waar ons beeskrale en hoenderhokke opgesit en groente aangeplant het. Ons sê koop eiers by ons en ons hou ’n kind in die skool met ’n vol maag.
Hy het met bokke begin boer en het vinnig agtergekom dit is nie die oplossing nie.
“Wanneer daar ’n probleem kom dan verkoop ons al die bokke en moet weer van vooraf begin. Ons het besluit om eerder beeste aan te hou en ek het by oom Pieter van Heerden, ’n mentor wat al 18 jaar lank ’n pad saam met ons stap, om hulp aangeklop. Hy het aan ons twee dragtige koeie vir baie min geld verkoop en nou het ons baie beeste op die plaas. Wanneer die nood daar is, kan ons ’n bees verkoop en die probleem is opgelos.”
Tov het geld ontvang en 2 000 hoenders gekoop.
“Ons eierverkope doen baie goed en ons het plekke wat elke week op grootmaat by ons koop. Selfs mense van Rundu en Ondangwa ondersteun ons. Die plan is om nog 2 000 hoenders aan te skaf en dus ’n groter inkomste te kan genereer. Die strukture vir die hoenderhokke is reeds opgerig.”
Die groente soos onder meer spinasie en kool word ook verkoop om Tov meer selfvoorsienend te maak.
“Die kinders gaan help ook op die plaas wanneer dit byvoorbeeld oestyd is. Hulle moet besef niks in die lewe is verniet nie en jy moet werk om iets te kry. Dis ook hoekom die kinders voor die eksamen dans om geld in te samel. Hulle dans hier by die sentrum en mense skenk geld sodat ons voedsame kos tydens die eksamentyd vir hulle kan koop.”
Tov het ook kamers by die sentrum aangebou en ’n huis in die woonbuurt opgeknap wat hulle uitverhuur.
“Ons het die huis van ’n maatskappy gekry en opgeknap. Nou verdien ons maandeliks N$12 000 deur dit uit te verhuur. Dis alles projekte en planne wat ons maak om volhoubaar te wees en minder op borge staat te maak.”
TOEKOMS
“Ek hoop ons kan meer kinders van die straat af vat en in ’n klaskamer sit. Om hulle daar te hou totdat hulle klaar met skool is. Tot hulle selfstandig is en op hulle eie voete kan staan en die gemeenskap kan verbeter. Dit kan gedoen word. Ons kan dit doen as ons en die kinders saamwerk. Dis belangrik om as ’n gemeenskap vorentoe te beweeg. Tov wil ook baie meer selfvoorsienend wees en ek dink landbou is die toekoms en nie borge nie. Ek is nie ondankbaar vir finansiële ondersteuning nie, maar ons moet ook op ons eie voete begin staan.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie