Ees: Eg Namibiese woema
Van Namibië, Suid-Afrika tot Duistland is Eric Sell, beter bekend as Ees, besig om sy pad in die vermaakwêreld teen ‘n stinkspoed oop te kloof. Met ‘n allemintige nege CD’s in ‘n tydperk van agt jaar op sy kerfstok, is dit duidelik die man het ambisie.
Sy musiekstyl is ’n kombinasie van kwaito, Afrika-house, Afro-pop en reggae - dis vars en funky.
Ees is ‘n Namibiër en sy loopbaan in die musiekbedryf het in 2011 afgeskop.
Sy voorliefde vir musiek het tydens sy studies in Kaapstad vlamgevat toe hy ‘n diploma in klankingenieurswese voltooi het. Aan die einde van 2003 het hy sy studies voltooi en aan die begin van 2004 het hy sy tassies gepak en Europa aangedurf.
“Ek wou my musiekkennis verbeter en terselfdertyd Afrika-musiek aan die Europese mark bekend stel.”
Sedertdien druk hy met sy kwaito-musiek sy stempel tot buite Afrika se grense af.
Ees het al verskeie toekennings vir sy musiek verwerf, onder meer die MTV Listener’s Choice-toekenning.
“My mees onlangse album is die eerste Namibiese album wat wêreldwyd en aanlyn verkoop word. Die album se naam is Authentic Rebel en dit bestaan uit 22 oorspronklike liedjies met ‘n lekker Afro-pop gevoel. Ek het vir ’n paar nommers met ander Afrika-kunstenaars saamgewerk. Dit was lekker,” sê hy.
Afgesien van ’n musiekloopbaan het Ees het ook al sy eie energiedrankie genaamd WUMA bekend gestel.
“Ek het in Duitsland baie hard gewerk. Ek wou vir myself naam maak, maar dit is baie belangrik om nooit van my Afrika-wortels te vergeet nie. Ek is baie trots op my geboorteland. Dit is die dryfkrag agter alles wat ek doen. Dit word in my musiek gehoor en in my klerereeks, EES WeaR, en my musiekvideo’s gesien. My leefstyl weerspieël dit ook.”
As jy sy klerereeks van naderby beskou, sal jy sien Ees loop letterlik met sy hart en sy geboorteland op sy mou.
In sy vroeë twintigs het hy die meeste van sy musiek onder sy eie handelsmerk, NAM FLAVA, vervaardig.
“Ek is ‘n ekstrovert. Ek wil net hê mense moet my musiek geniet en my passie vir die lewe ervaar.”
Bly altyd positief, is sy leuse en dít is dalk juis die rede vir sy sukses.
Waar kom die naam Ees vandaan?
In die laaste jaar van my hoërskoolloopbaan het ek gereeld by skoolfunkies opgetree en soos Eminem gesing. Toe het mense my “Emineric” begin noem, maar ek het nie daarvan gehou nie. Ek wou nie ‘n afdruk van iemand anders wees nie. Dus moes ek vinnig op ‘n naam besluit wat ek vir my volgende optrede kon gebruik. Dis toe dat my meisie met “Ees” vorendag kom, wat vir Easy Eric Sell staan.
Waarmee wil jy hê moet die publiek jou vereenselwig?
Ek wil ‘n boodskap van eenheid deur my musiek oordra. En ook dat ek trots Namibies is.
So, wat presies doen jy?
Ek is ’n musikant, entrepreneur en vermaakkunstenaar.
Waarvoor het jy ’n passie?
Ek is mal daaroor om kreatief te wees. Dít is my passie. Intussen bemark ek Namibië. Ek is lief vir musiek en bemarking. Een van my stokperdjies is om ou Volkswagen-bussies op te spoor, te restoureer en weer op die pad te kry. Ek hou ook van video’s maak. Sedert ek my eerste kortfilm self geredigeer het, is ek verslaaf daaraan.
Hoe het jou pad dié van Gondwana s’n gekruis?
Ongeveer vier jaar gelede het ek hulle vir ‘n video-projek genader. Hulle het baie van my idees gehou. Dis toe dat hulle vir my en my vennoot die geleentheid gegee het om ‘n paar video’s vir hulle te maak. Sedertdien werk ons saam en ons vervaardig al hul video’s. Ek en Gondwana deel dieselfde liefde vir Namibië.
Wat was die reaksie op die “Shithole”-video?
Ek was oorweldig deur al die terugvoer daarop. Dit is ongelooflik dat ‘n video van drie minute so vinnig viral kon gaan en Namibië op die kaart kon plaas, en ook vir Trump en sy manewales kon ontbloot. Ek sien dit as ‘n wen-wen situasie.
Hoe het die spesery-ding gebeur?
Ek het die idee baie lank oorweeg. Ek het geweet die tyd daarvoor moet reg wees. In daai stadium was ek besig met baie ander projekte, onder meer WUMA. ‘n Rukkie later het ek vir Robert Liebchen van Namcas (’n plaaslike spesery- en verpakkingonderneming) by ‘n restaurant gesien. Ek het na hom gestap en my idee aan hom voorgelê. En toe gebeur dit. Die braaispesery se naam is NAM FLAVA en tot dusver was die reaksie ongelooflik. Die publiek is mal oor die geur daarvan en oor die feit dat dit geen MSG, kleur- of preserveermiddels bevat nie. Dis ook amper ‘n eerste vir die meeste Namibiese speserye.
Is daar iets wat jy haat?
Haat is ‘n baie sterk woord, so nee, ek het nie noodwendig iets spesifieks nie. Ek hou wel nie van negatiewe mense nie en nog minder van rassiste. Dit is juis daai ouens vir wie ons liefde moet gee, want hulle het dit die meeste nodig.
Is jy tans besig met nuwe musiek?
Altyd! Ek is altyd besig met nuwe liedjies en klanke, maar ek vervaardig nie meer albums nie. Die musiekbedryf het geweldig baie veranderinge ondergaan. Ek deel deesdae my musiek verniet uit.
Wat inspireer jou musiek?
Ek wil altyd ‘n positiewe boodskap uitstuur. Ek gebruik my musiek om mense te motiveer. ‘n Lekker ritme en wysie inspireer my om meer musiek te maak.
‘n Aand op die bank of op die dansvloer?
Op die bank. Sonder enige twyfel.
Is daar iets wat die publiek nie van jou weet nie?
Party mense weet nie ek is ‘n Namibiër nie, hulle dink ek is van Duitsland af.
As jy met enige plaaslike of internasionale kunstenaars kon optree, wie sou jy kies?
Black Eyed Peas. Ek is gek oor hul vibe en die energie in hul musiek. Hulle laat die voete jeuk en die dansvloer besig bly.
As jy ‘n biografie skryf, wat sal jou titel wees?
If not, why not?
Wat is jou wens vir Namibië?
Ek wens vir ‘n land waar almal by onafhanklikheid kan baat. Nie net die elite nie. Minder korrupsie en stamgebondheid en meer opvoeding en eenheid.
Hoekom is dit vir jou lekker om hier te woon?
Die mense. En die woestyn.
Kan jy einge musiekinstrumente speel?
Ek kan die kitaar so ’n bietjie tokkel, maar dit is omtrent dit.
Hoe gereeld braai jy?
Met elke liewe geleentheid wat ek kry. Veral as my vriende oorkom.
Wat is volgende op jou agenda?
Ek wil spesiale oomblikke meer geniet. Ons aandag word voortdurend deur sosiale media en selfone in beslag geneem, sóveel dat ons later vergeet hoekom ons op aarde is. En dit is net om die lewe ten volle te geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie