EES gee jou vleis woema

EES, die Namibiese vermaaklikheidskunstenaar Eric Sell, het pas sy eie braaivleisspeserye bekend gestel.

Die veelsydige kwaito-kunstenaar en rymkletser het in die verlede al sy talent as kreatiewe entrepreneur bewys en onder meer tekkies in die kleure van die Namibiese vlag en ‘n energiedrankie, Wuma, bekend gestel.

Volgens sy webtuiste het hy dié keer met die plaaslike speserymaatskappy NamCas saamgespan en unieke Namibiese braaivleisspeserye geskep wat volgens hom “daardie spesiale Namibiese smaak" het.

Die produk heet Nam Flava Spice.

“Ek het nog altyd my bes gedoen om met gehalte produkte vorendag te kom. Daar is te veel hier-vandag-môre-weg ondernemings wat goedkoop produkte bekend stel in die hoop om oornag ryk te word. Die tyd het egter aangebreek dat Afrika gewoond raak aan gehalte produkte en die plaaslike mark ondersteun,” sê EES.

Die nuwe spesery bevat geen MSG (glutamiensuur), kleurstof of preserveermiddels nie en is volgens EES een van die min produkte op die rak wat so "gesondheidsbewus" is.

"Nam Flava Spice kan op enige soort vleis en groente gebruik word en is ook geskik vir veganiste. Ek weet Namibiërs hou daarvan om vleis te eet, maar ek wou niemand uitsluit nie,” sê EES.

Nam Flava Spice is by die meeste supermarkte en kleinhandelaars te koop, maar buitelanders kan ook die eg-Namibiese smaak ervaar deur dit via die nuwe aanlynwinkel by www.namflava.com te bestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!