EES vier Afrika-klanke met nuwe enkelsnit
Die aftelling het amptelik begin – die langverwagte nuwe EES-album, Game Changer, waaraan die kunstenaar al meer as twee jaar werk, sal op 17 September op die rakke wees.
EES het met die plaaslike rapper Lioness kragte saamgespan vir die nuwe album se eerste enkelsnit, “Hunt Like a Lion”, wat onlangs vrygestel is. Die opgewekte “Nam Flava”-ritme, sowel as die indrukwekkende musiekvideo het luisteraars én kykers beïndruk.
EES, wat bekend is vir sy samewerking met en ondersteuning van opkomende plaaslike kunstenaars, het dit weer eens saam met Lioness reggekry om met 'n potensiële klubtreffer vorendag te kom. Die liedjie kombineer 'n internasionale klank met 'n Afrika-stem en natuurlik met die spesiale Nam Flava waarvoor EES so bekend is.
'n Boodskap aan die begin van die musiekvideo lui: “Let the hunt begin – this video contains a special hidden message”. EES voer duidelik iets in die mou met dié album, en ons kan nie wag om te sien wat dit is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie