Eet - en geniet
PIET VAN ROOYEN SKRYF:
Dis reëntyd in Namibië en saam met vreugde en groen gras kom die paddastoele.
Die mees bekende en geliefde is die biefstuk-paddastoel of omajova, Termitomyces schimperi. Met al die bangmaakstories rondom giftige paddastoele is dit omtrent al wat mense sonder vrees langs die pad koop, gaarmaak en eet. Onthou net om die sand uit te skud.
Mense besef egter nie hoeveel hulle mis deur gedurig te loop en soek vir bo’jaan agter die bult nie. Onlangs het daar nog weer in die sosiale media foto’s verskyn van paddastoele en is raad gevra rondom die eetbaarheid daarvan.
Gille van verontwaardiging het opgeklink, moenie eet nie! Dodelik gifitg! ’n Stukkie so groot soos ’n sentstuk sal jou doodmaak! Moenie eers vat daaraan nie, die gif versprei deur die vel tot binne in die hart!
Hierdie histerie is myns insiens alles nonsens. Ek eet al paddastoele regdeur Namibië vandat ek ’n kind is. Ek pluk dit waar ek ook al in die veld stap en eet dit rou. As daar oor is as ek by die huis kom, maak ek dit gaar in botter. Ek het nog nooit enigiets daarvan oorgekom nie, nog nie eers ’n kopseer of maagpyn ontwikkel nie.
Vir my is die bottom line daar bestaan nie giftige paddastoele in Namibië nie. Sommige is minder lekker en selfs smaakloos, maar giftiges bestaan nie. Al die giftige paddastoele van die wêreld kom in klam habitatte voor: Asië, Suid-Amerika, dele van Noord-Amerika, Europa, die Wes-Kaap. ’n Klein bietjie google na die giftige spesies se verspreiding: die Amanita, Omphallotus, Hebeloma, Paxillus en Inocybe-spesies dui duidelik verspreiding buite Afrika aan.
Ek wil my nie soos Tim Noakes oopstel vir hofsake en aanklagte van strafbare mansslag nie, maar as amateur wil ek reken: eet gerus, jy sal nie doodgaan nie. Die lewe en die reëntyd is buitendien kort. Geniet die klein bietjie opslag-lekkernye wat die natuur jou bied.
En moenie vergeet nie, rysmiere is amper nog lekkerder as paddastoele. Vang hulle vars en trek die vlerke af voor jy hulle rou eet, of botterpan toe daarmee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie