‘Effense’ afname in hep. E-gevalle
Meer mans as vroue word met hepatitis E gediagnoseer, terwyl meer vroue aan die siekte sterf.
Henriette Lamprecht – Die aantal hepatitis E-gevalle in die land het in die eerste drie weke van Augustus afgeneem.
Sedert ‘n uitbreking van die siekte op 14 Desember 2017 verklaar is, is 6 280 oraloor die land aangemeld. Die sterftesyfer staan tans op 55, waarvan 35 vroue is.
Die meeste gevalle, naamlik 57 (36%), word steeds in die Khomasstreek aangemeld, gevolg deur Erongo met 32 (20%) en Kavango se 32 (20%).
Die meeste van die gevalle (60%) is manlik.
Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is dít omdat mans meer geneig is as vroue om straatmarkkos te eet.
Mans is ook meer geneig om nie hul hande te was voor hulle eet nie. Sedert die uitbreking was 30% van die gevalle wat aangemeld is, werkloos, gebruik 75% gemeenskaplike krane en eet 55% straatverkoperkos.
Volgens MoHSS is net 9% van die totale gevalle wat aangemeld is in die hospitaal behandel.
Die Khomasstreek word steeds die meeste geraak en staan pa vir 3 956 gevalle sedert die uitbreking, gevolg deur Erongo met 1 432.
Die oorblywende streke gee rekenskap vir 892 gevalle. Twintig van die totale aantal hepatitis E-gevalle is inwoners van Angola.
Die meerderheid gevalle (73%) word in die ouderdomsgroep 20 tot 29 jaar (39%) en 30 tot 39 jaar (34%) aangemeld en die minste in kinders onder die ouderdom van ‘n jaar.
Die uitbreking wat in die Khomasstreek begin het, het die afgelope byna twee jaar ook na die Erongo-, Kavango-, Ohangwena-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto-, Omaheke-, Hardap- en Otjozondjupastreek versprei.
Gevalle kom steeds meestal in informele nedersettings soos Havana en Goreangab in Windhoek, die DRC in Swakopmund en soortgelyke nedersettings oraloor die land voor, waar toegang tot veilige water, sanitasie en higiëne beperk is.
Die meeste gevalle in gebiede wat minder deur die uitbreking geraak is, het ‘n reisgeskiedenis na en van die betrokke informele nedersettings in Windhoek of Swakopmund.
Sporadiese gevalle is ook tot dusver in die Kunene-distrik (9) en Lüderitz (5) in die ||Kharasstreek aangemeld.
In die Otjozondjupastreek is onlangs ook ‘n uitbreking van die siekte verklaar met ‘n totaal van 20 gevalle waarvan 10 van die Okahandja-distrik afkomstig is.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie