EFN kroon Donderdag land se topjoernaliste
Namibië bekroon sy voorste joernaliste op die vooraand van Wêreldpersvryheidsdag.
Hoofredaksie
Terwyl nuuskantore uitdagende ekonomiese tye beleef en joernaliste daagliks moet veg om goednagevorste, feitelike joernalistiek te laat seëvier bo 'n magdom waninligting in veral die digitale sfeer, vereer die Redakteursforum van Namibië (EFN) Donderdagaand die land se topjoernaliste vir uitmuntende werk.
Dit vind plaas op die vooraand van die herdenking van 30 jaar van die Windhoek-deklarasie, asook die viering van Wêreldpersvryheidsdag op 3 Mei in Windhoek.
Namibië sal in die komende dae op die wêreldverhoog wees wanneer dié internasionale vieringe in die hoofstad plaasvind.
Meer as 40 joernaliste in die druk- en uitsaaiwese het vanjaar in agt verskillende kategorieë vir die 2021 EFN Joernalistiek-toekennings ingeskryf. Die paneel van beoordelaars sal op grond van die inskrywings die 2021 Joernalis van die Jaar aanwys. Aangesien die kompetisie verlede jaar weens die grendeltyd en streng inperkings nie plaasgevind het nie, kon hulle werk van beide 2019 en 2020 inskryf.
Die kroningsgeleentheid vind om 18:00 by die Am Weinberg-konferensiesentrum in Windhoek plaas, en die gasspreker is die veteraanjoernalis Anton Harber van Suid-Afrika. Hy was die stigter en redakteur van Weekly Mail/Mail & Guardian, en later hoofredakteur van die private televisienuusdiens, eNCA.
Harber is ook die skrywer van die boek So, for the Record: Behind the Headlines in and Era of State Capture.
Dit handel onder andere oor die polisiemoordbendes hoe Suid-Afrika se grootste koerant bedrieg is om die vuil werk van korrupte politici te doen. Dit onthul ook die diepte van die Gupta's se invloed op die ANC.
Harber sal die soeklig laat skyn op hoe joernalistiek tans van binne én buite onder druk verkeer.
Vanjaar se toekennings sowel as die kroningsgeleentheid word deur FNB Namibia geborg. Elk van die kategoriewenners sal prysgeld van N$10 000 ontvang, terwyl dieJoernalis van die Jaar met 'n verdere N$20 000 in die sak sal huis toe gaan.
Me. Elzita Beukes, kommunikasiebestuurder by FNB Namibia, sê “die beskerming van vryheid van spraak en mediavryheid is van kardinale belang, veral nou tydens die pandemie”.
“Ons maak nou meer as ooit tevore staat op die media vir nuus en inligting wat ons sal help om in hierdie onseker tye koers te hou.”
Sy sê FNB Namibia hoop om met sy vennootskap met die EFN “by te dra tot die vestiging van geloofwaardige joernalistiek wat geskoei is op die standaarde van professionele etiek”.
PERSVRYHEIDSINDEKS
Hoewel Namibië vanjaar sy nommer 1-posisie in Afrika behou op die Persvryheidsindeks van Joernaliste Sonder Grense (RSF), het hy een plek teruggesak en beklee hy nou die 24ste posisie op die wêreldranglys.
RSF sê in sy verslag wat verlede week vrygestel is Namibië geniet werklike persvryheid, maar dat dit “gereeld onder druk kom”.
Volgens die verslag is die gespanne verhouding wat verlede jaar veral in die grendeltyd tussen joernaliste en pres. Hage Geingob se perssekretaris, dr. Alfredo Hengari, geheers het, een van die redes waaroor Namibië swakker gevaar het in die wêreld.
Daar word ook aangedui dat persvryheid 'n stewige houvas het in Namibië en dat dié vryheid gewaarborg word.
“Dit word deur die Grondwet beskerm en word dikwels deur die howe verdedig wanneer dit deur ander instellings in die staat of deur gevestigde belange bedreig word,” sê RSF in sy verslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie