Efundja woed in Noorde
Swaar reën wat steeds in baie dele van die Noorde voorspel word, kan vloede in dié deel van Namibië vererger.
Ileni Nandjato en Elvira Hattingh – Vanjaar se efundja – dalk die ergste van sy soort op rekord – het Vrydagaand die grens tussen Angola en Namibië oorgesteek.
Dit volg nadat ’n gesamentlike verklaring wat Donderdag deur die Namibiese Meteorologiese Dienste, die direkteur van die nood- en rampbestuur asook die Hidrologiese Dienste uitgereik is, waarin gewaarsku is dat die vloed in die Cuvelai-lishanas met dié van 2011 vergelyk word – die ergste van sy soort tot dusver aangeteken.
Daarbenewens kan vanjaar se vloed na verwagting selfs sterker wees, sou reënneerslae in die Cuvelai-opvangsgebied, die suide van Angola en langs die noordelike grens van Namibië voortduur. Boonop word swaar reën steeds vir gebiede soos die Omusati-, Oshana- en Ohangwenastreek in die Cuvelai-kom voorspel, asook vir die Kunene-, Oshikoto-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Zambezistreek.
Die vloedtoestande in die Noorde van die land is besig om “onrusbarende vlakke” te bereik, volgens die verklaring.
Strome
Teen Vrydagaand het die vloedwaters Namibië deur oshana shaNalumono en oshana shaKambembe binnegedring en was dié strome vinnig éen sterk, het mnr. Leonard Hango, ‘n hidroloog van die ministerie van landbou, water en bosbou, bevestig.
Volgens hom dra verskeie strome die efundja deur die Noorde, maar dit kon net bevestig word dat bogenoemde twee teen Vrydagaand besig was om op te vul. Oshana shaNalumono en oshana shaKambembe vloei deur Oshakati en voed die Yinakulu Yomadhiya-meer in die Uuvudhiya-gebied.
“Oshana shaNalumono kom deur Okahenge in, deur Ondeshifiilwa, Endola en Okatana en vloei dan onder deur die Sky- en Okandjengedhi-brûe Oshakati binne. Oshana shaKambembe bereik Oshakati via Ompumbu en vloei deur die oostelike gedeelte van die dorp,” sê Hango.
Me. Paulina Mufeti van die Namibiese Meteorologiese Dienste het inwoners teen die uitbreking van cholera gewaarsku, aangesien die vloedwater deur puttoilette in die opvangsgebied vloei.
Volgens Nampa is die Okadila-, Omale-, Oninda- en Ondiikela-nedersetting in die ooste van Oshana reeds van die res van dié streek afgesny.
Boere verheug
Mnr. Tomas Nambabi, ‘n boer van Uuvudhiya, het gister sy verligting oor die massa water uitgespreek.
“Die gebied het nog glad nie goeie reën gehad nie. Die Yinakulu Yomadhiya-meer is reeds vol, terwyl water van die Otamanzi-gebied Saterdag steeds na Oponona gevloei het,” sê hy.
Angola
Angola se nasionale departement van water het swaar reënneerslae en vloede in Ondjiva op Woensdag en Donderdag 8 en 9 Maart gerapporteer en gesê water in die Cuvelai-kanale het reeds begin styg.
Die Ondjiva-vloed sal na verwagting die grens binnekort bereik, wat beteken ’n dreigende gevaar bestaan dat gebiede wat reeds onder water is, nog meer water kan ontvang.
Dienooreenkomstig is alle owerhede ingelig om gebeurlikheidsplanne vir vloedbestuur in werking te stel en gemeenskappe word aangeraai om nie riviere of vloedgebiede oor te steek nie en stappe moet doen om die verlies van lewens en skade aan eiendom te voorkom.
Terselfdertyd is die Gove-dam in Angola se sluise intussen oopgemaak, wat nog meer water na die Kunenerivier, die suide van Angola asook die noordelike dele van Namibië soos die Omusati-, Ohangwena- en Oshanastreek kan bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie