Eg Namibies in hart en siel

Yandi Du Plessis
Raymond en Marilyn Spall wou katalisators wees vir diegene in Namibië wat kunsvlytprodukte skep, maar nie die bemarkingsvaardighede of toegang tot 'n winkel het nie.

Meer as vier jaar gelede, op 21 Maart 2018, het die egpaar die deure van hul eerste kleinhandelwinkel, Made in Namibia Collection, in Swakopmund geopen en op 2 November 2021 – midde die Covid-19-pandemie –het hulle weer 'n geloofsprong geneem en die Made in Namibia Collection Concept Store van 117 vierkante meter geopen.

Hierdie is hulle storie ... en dié van hul talle verskaffers.

“Ongeveer ses en 'n half jaar gelede het ek en my vrou, Marilyn, 'n klein verskeidenheid Made in Namibia-items geneem en ons kliëntebasis in die Kavango- en Zambezistreek besoek (as deel van 'n geskeduleerde tweejaarlikse verkoopsreis na die noordoostelike streke van Namibië). Ons het alles verkoop en teruggekom met 'n warm, gelukkige gevoel, 'n visie en 'n kombi vol Kavango-mandjies,” het Raymond die vroeëre reise van die Made in Namibia verduidelik.

Vandag sluit die Made in Namibia Collection twee kleinhandelwinkels in Swakopmund in (waar die hele versameling beskikbaar is wat uitsluitlik in Namibië vervaardig word), sowel as die groothandelsafdeling wat uitsoekte items aan toerismebesighede landswyd verskaf.

Raymond sê hul etos is eenvoudig: “Om aandenkings-, curio- en geskenkprodukte te verskaf wat met trots in Namibië gemaak, verkry of vervaardig word (van konsep tot voltooiing) en om verder aanvullende Namibiese besighede te ondersteun wanneer dit kom by die druk van etikette, verpakking en/of die aankope van materiaal wat nodig is om sulke memorabilia te voltooi.”

Reeds vanaf daardie vroeë dae – en meer onlangs sedert die opening van die tweede winkel – het die konsep eksponensieel geblom, en Ray en Mal, soos hulle algemeen bekend staan, werk tans gereeld saam met meer as 50 Namibiërs wat vir hulself werk. Dié getal is ook steeds besig om te groei.

Hulle werk al meer as ses jaar saam met Hileni, die voorsitter van Panduleni Crafts in Omuthiya; Corithy, 'n kleremaker van Swakopmund; Sophia, die eienaar van die reeks Desert Secrets Body Care; en JP, 'n entrepreneur in die drukkersbedryf in Windhoek.

Maar daar is soveel meer kunsvlyters soos onder meer Ruth, Anna en Mercia van die DRC in Swakopmund, Samuel en Afas by die Cosdef-sentrum in Swakopmund, en Justine en Elfrieda van Holding Hands in Khorixas wat speelgoeddiere maak.

Die Made in Namibia Collection ondersteun 'n toenemende aantal ambagsmanne, straatverkopers en individue wat met hul hande werk en entrepreneurs en kunstenaars wat gereeld 'n draai in die Made in Namibia Collection Shop of Concept Store maak.

Vir Raymond en Marilyn is hierdie projek geweldig bevredigend.

“Dit is moeilik om die vreugde te beskryf wat ons ervaar om saam met sulke hardwerkende Namibiërs te werk, en ons is vasbeslote om voort te gaan om hierdie besigheid te laat groei tot voordeel van alle betrokkenes.”

Wanneer jy weer Swakopmund besoek, loer in by die Made in Namibia Collection Shop – jy gaan iets outentiek Namibies koop!



* Anna Shaffer het hierdie artikel oorspronklik saamgestel en dit het in Mei 2019 in die tydskrif Flamingo verskyn. Raymond Spall het van die inhoud in Oktober 2021 bygewerk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!