Eg Namibiese likeur en vonkelwyn op Omaruru gemaak
Tanja Bause - Erongo Mountain Winery wat op Omaruru geleë is, is die jongste wynplaas in Namibië. Nie net word hier rooiwyne gemaak nie, maar ook ’n eembe-roomlikeur, ’n maguni-vonkelwyn sowel as ’n medisinale snaps wat van duiwelsklou gemaak word.
“Ons wou baie graag Namibiese vrugte gebruik en iets met die vrugte in ons distilleerdery doen. Dit moes egter volhoubaar wees en plaaslike gemeenskappe ondersteun. Ons het ons op die eembe, maguni en duiwelsklou besluit,” het mnr. Wolfgang Koll, eienaar van Erongo Mountain Winery gesê .
Die distilleerdery het 45 ton maguni veral rondom Rundu by plaaslike gemeenskappe gekoop en dit op Omaruru verwerk. Erongo Mountain Winery is ook die eerste landgoed wat ’n vonkelwyn in Namibië maak.
“Die maguni-vonkelwyn is ’n vrugtige, oranjekleurige vonkelwyn wat geniet kan word sonder dat enige sap byvoeg word,” het Koll gesê. Die eembe-vrug is ook van plaaslike gemeenskappe in die noorde van Namibië afkomstig, met 15 ton van dié klein vrug wat gebruik is om die eerste eembe-roomlikeur te vervaardig.
“Wanneer jy dié likeur drink, proe dit asof jy ’n eembe hap! Ons is baie trots daarop dat die likeur so ná aan die vrug smaak,” het Koll gesê.
Die duiwelsklou word by die plaaslike San-gemeenskappe in die Tsumkwe-omgewing gekoop. Dit word as basis van die Essence of Namibia medisinale snaps gebruik.
“Dit is ons eie Namibiese kruiedrankie en gesond om ná elke ete te neem,” het Koll gesê.
Erongo Mountain Winery maak drie rooiwyne. Dit sluit Kranzberg, Etosha en Namibian Kiss in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie