Egipte vernietig huise om militante te straf
Human Rights Watch het Egipte daarvan beskuldig dat die regering verantwoordelik is vir massavernieting van huise op die Sinai-skiereiland.
Dit is glo daarop gemik om vermeende Islamitiese militante en hul families te straf in ‘n veiligheidsoperasie wat in die afgeleë woestyngebied van stapel gestuur is.
Die New Yorkse menseregtewaghond sê die afbreek van die huise, wat die afgelope jare plaasgevind het, is daarop gemik om buffersones langs die grens met die Gaza-strook te vestig. Dit het die afgelope tyd skerp toegeneem.
‘n Woordvoerder van die Egiptiese weermag het die beweringe ontken en sê dit is gegrond op “ongedokumenteerde bronne”. Die woordvoerder sê die gewapende magte werk binne ‘n wettige raamwerk om ‘n buffersone langs die Gaza-grens en om die al-Arish-lughawe te skep.
Egipte het in Februarie ‘n hoëvlak-operasie teen militante van die Islamitiese Staat (IS) van stapel gestuur, wat reeds vir jare aanvalle op veiligheidsmagte en meer onlangs burgerlikes uitvoer. Honderde mense is reeds in hierdie aanvalle dood. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie