Egiptenaar wag nog op lughawegeld
'n Man, wat sy N$650 000 van die polisie terugeis, moet nog tot minstens Junie op 'n hofbeslissing wag.
Denver Kisting
'n Swakopmunder wat N$650 000, waarop die staat in 2013 beslag gelê het, dringend terugeis, sal nog minstens 'n maand op 'n antwoord van die hof moet wag.
Dít kom nadat regter Thomas Masuku gister uitspraak in die hoërhof in Windhoek voorbehou het.
Ahmed Mohamed Rashed voer aan die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, die inspekteur-generaal van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga en me. Martha Imalwa, die aanklaer-generaal, minag die hof.
Dít kom nadat die regering hom glo reeds die afgelope langer as 'n maand aan 'n streekshofbevel afvee.
Naas Namoloh, Ndeitunga en Imalwa, dagvaar Rashed ook die Bank of Namibia (BoN), waar die geld bewaar word.
Gister het dit aan die lig gekom die aanklaer-generaal wil appèl teen 'n streekshofuitspraak aanteken.
Ingevolge dié uitspraak van streekslanddros Ileni Velikoshi van 28 Maart moet die polisie N$642 580, waarop meer as vier jaar gelede beslag gelê is, terugbetaal.
Imalwa voer aan hul saak sal verongeluk sou die geld aan Rashed terugbetaal word voor die appèl aangehoor word.
Masuku gaan na verwagting op 13 Junie uitspraak lewer.
Agtergrond
Rashed sê hy is op 6 Desember 2013 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangekeer en aangekla ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) en regulasies wat met die beheer van buitelandse valuta verband hou.
Luidens hofstukke het Rashed die geld by hom gehad toe hy 'n vlug na Egipte via Suid-Afrika wou haal.
Nadat polisiebeamptes hom gevra het of hy geld in sy besit het, het hy erken hy het kontant in sy besit, is tydens sy verhoor getuig.
Hy het 'n week in aanhouding deurgebring voor borgtog aan hom toegestaan is.
Volgens Rashed het hy deurgaans volgehou hy is onskuldig – 'n standpunt wat verlede maand deur die streekshof bekragtig is.
“Ek het die uitspraak verwelkom, nie net omdat ek vrygespreek is nie, maar omdat die hof ook gelas het die geld wat by my gekonfiskeer is, aan my terugbesorg moet word.”
Streekslanddros Velikoshi het bevind die staat kon nie bewys Rashed het die geld uit onwettige bedrywighede gemaak nie.
Rashed het uit die staanspoor gesê hy verdien sy brood deur onder meer vloermatte, komberse, gordyne en eetgerei te verkoop.
Rashed sê hy het in 2008 na Namibië verhuis.
“Dit is 'n besluit waaroor ek nie spyt is nie. Namibië is 'n vredeliewende land en was tot dusver 'n goeie tuiste vir my en my gesin. Ek is al vir nege jaar gelukkig getroud met 'n Namibiër en ons was gelukkig om met twee pragtige kinders geseën te word.”
Rashed sê in hofstukke: “'n Voortdurende onwettigheid of minagting van die hof, meer spesifiek die verontagsaming van 'n uitspraak, is volgens my regsadvies voldoende gronde vir dringendheid.”
Hiernaas sê hy in sy beëdigde verklaring, wat op 23 April op Swakopmund afgelê is, die gedrag van die regering sal waarskynlik die administrasie van geregtigheid in die gedrang bring.
Rashed word deur adv. Eliaser Nekwaya en mnr. Appolos Shimakaleni verteenwoordig terwyl me. Karin Klazen namens die BoN optree en Imalwa, Ndeitunga en Namoloh deur mnr. Ngatatue Kandovazu verteenwoordig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie